Gedig deur Toine Lacet
Jou angs vir die dood is jou angs vir die lewe

Neem jy my TOT die doodsdeur? Ek is so bang om daar alleen te staan. As ons daar kom, gaan nie direk terug, maar wag totdat ek oor gaan en waai my na. Dan voel ek my veilig en vertroud.
Neem jy my TOT die doodsdeur? Ek het geen idee hoe diep die water is. Die oorkant lyk so ver. Jy kan die oewer hier nie sien. So ver die oog reik, sien ek mis. Ek twyfel aan die verder gaan.
Jou angs vir die dood is jou angs vir die lewe. Die nuwe lyk te groot om die oue op te gee. In die diepte van jou verlange, lê die kennis van die nuwe lewe soos ‘n vlinder wat al weet van vlieg in sy donker kokon.
Neem jy my TOT die doodsdeur? En gaan dan nie te vinnig terug. Waai my na as ek oor gaan. ‘n Klein stootjie in my rug is alles wat ek van jou verlang. Dankie vir jou liefde en trou. Ek moet nou gou gaan, want die begin is reeds in sig. Ek voel die warmte van ‘n lig.
