KAPTEIN GHAAP WITBOOI GEE KLAS:  NÓUW NOUAAP (HAKSKEEN-SLAGTING)

Home » blog » KAPTEIN GHAAP WITBOOI GEE KLAS:  NÓUW NOUAAP (HAKSKEEN-SLAGTING)

KHOI KORT VERHALE (6)

GRIEKWA EKONOMIE EN KUTUUR

Kaptein Ghaap Witbooi het vertel van die lande sonder grense waar ronnestertskape gewei het, bokke rondbeweeg het op die heuwel en beeste vrylik rond gedwaal het. Die Khoikhoi was veeboere, en hul welvaart en ekonomie was nou verbind aan hierdie diere. Die sagte gemê van skape en die gemoe van beeste was die melodieë van voorspoed. Groente en vrugte was verbrou vir eie gebruik en naasteliefde en huisvee (hoenders, kalkoene, ganse en varke), was volop in hul dorp. Honde vir jag en skape oppas en katte om die muise uit die huis te hou.

Beeste was nie net vee nie; hulle was die hartklop van die Khoikhoi-samelewing. Hulle het die Griekwas voorsien van vleis en melk. Perde en donkies was ook as vervoer in die uitgestrekte gebiede. Diere was ook simbole van aansien en rykdom. Die Griekwas  het hul voorspoed gemeet aan die aantal vee wat hul familie se merk gedra het.

Dierslagtings was heilig, gereserveer vir deurslaggewende oomblikke in die lewe – die verbintenis van huwelik, die viering van geboorte, en die rou oor die dood. Kaptein Ghaap Witbooi het verskeie soorte slagtings genoem, elk met sy eie betekenis. Meestal is wild ge eet Dassies, Haas, Ystervark, wildevark. Ghaap vertel dat sy liefde vir die Ystervark se mielie het hy by sy pa Plaatjie aangeleer. Diereslag was nie sommer net vir slag nie! Dit was ’n kulturele ritueel met groot  simboliese betekenis en is deur die jare heen van geslag tot geslag oorgedra. Ghaap vertel toe die kinders van ’n paar slagtings wat die Griekwa beoefen het:

Nóuw Nouaap (Hakskeen-slagting)

By die geboorte van ‘n kind ondergaan die vader ‘n reinigingsritueel wat bekend staan as nóuw nouaap, oftewel hakskeen-slagting. Dit behels die slagting van ‘n dier, gewoonlik ‘n skaap of ‘n kalf as ‘n skaap nie beskikbaar is nie, en die uitsny van die haksening wat dan in ‘n tou gedraai word. Die vader maak ‘n gat deur die kneukelbeen van die dier en dra dit rondom sy hand. Hierdie ritueel dra simboliese betekenis, aangesien die vader die nuweling se koms vier en sy rol in die kind se lewe erken.

Caroeu-slagting

Die Caroeu-slagting vind plaas die dag ná die geboorte van ‘n kind, ongeag of dit ‘n seun of ‘n dogter is. Hierdie slagting behels die slagting van ‘n skaap of kalf, afhangende van wat beskikbaar is. Die senings (sinewe) word gevleg en om die kind se nek gehang met krale. Die moeder eet van die vleis, maar die slagting is nie vir haar nie, maar eerder vir die kind om die kind se lewe en groei te vier.

Àn Aunà (Steenbok-slagting)

Àn aunà, of steenbok-slagting, is ‘n groot ritueel wat die Griekwa van hul voorouers geleer het. Hierdie vreugdevolle “andersmaak dan skaap of bees” is ‘n feesviering van die natuur en die samehorigheid van die gemeenskap.

Die Griekwa se rituele rondom slagting is, sodanig om hul respek en hul verbondenheid met die natuur uit te leef, dit benadruk ook die kringloop van die lewe, en die harmonieuse verhouding tussen mens en dier.

Bron: Robert Jacob Gordon: notes taken 1760