DONDERDAG 16 JANUARIE 2025 GELUK IN SAMESYN
“Waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” Matteus 18 vers 20

Ons is nie gemaak om alleen te wees nie. Ware geluk word dikwels in gemeenskap met ander gevind. Wanneer ons tyd saam met ander gelowiges spandeer, versterk dit ons geloof en bou dit ons op. Ons ervaar God se teenwoordigheid op ‘n spesiale manier wanneer ons saamkom.
Verhoudings in gemeenskap bied ons die geleentheid om liefde en aanmoediging te deel. Dit is in hierdie omgewing waar ons God se hand werk deur Sy mense sien. Geluk in gemeenskap gaan nie oor perfekte mense nie, maar oor onvoorwaardelike liefde en ondersteuning.
Meditasie Wenke:
- Dink aan iemand in jou geloofsgemeenskap wat jou geïnspireer het. Hoe kan jy hul inspirasie na ander uitdra?
- Oorweeg dit om iemand te besoek wat eensaam is…..
GEBED: Here, dankie vir die geskenk van Samesyn. Seën ons verhoudings en help ons om mekaar met liefde te dien. Help ons om U lig in ons gemeenskappe te wees. Vul ons harte met vreugde wat uit eenheid en samewerking kom. In Jesus se Naam bid ons, AMEN.