BLOGREEKS AANKONDIGING: EENSAAMHEID

Home » blog » Eensaamheid » BLOGREEKS AANKONDIGING: EENSAAMHEID

Definisie van Eensaamheid

1. Oordenkingreeks Week 25 (8 – 15 Julie 2024)

Welkom by my spesiale oordenkingreeks oor eensaamheid, wat geplaas gaan word van 8 tot 15 Julie 2024. Gedurende hierdie week gaan ons uit die skrif meer te wete kry van die betekenis van eensaamheid en hoe dit ons lewens beïnvloed. Ek nooi jou uit om saam met my te reflekteer, deel te neem aan besprekings (comments onderaan) en insigte te deel oor hierdie belangrike onderwerp.

2. Week van Wenke teen Eensaamheid

As jy ‘n geliefde kind of wederhelfte aan die dood afgestaan het: … Van 8 tot 13 Julie 2024 bied ek ‘n spesiale blog reeks aan, gefokus op praktiese wenke en emosionele ondersteuning om jou deur hierdie moeilike tyd te help. Elke dag sal ek insigte en advies deel oor hoe om die pyn van eensaamheid te hanteer en weer ‘n gevoel van verbondenheid en betekenis in jou lewe te vind.

Deel graag met ander mense (vriende, kollegas en familie) wat dit nodig het deur middel van die sosiale media icons. Plaas graag ’n comment as jy dit jou gehelp het, as jy idees of getuienis het wat ander kan help ….