BENDEGEWELD: NUWE REEKS DAAGLIKSE OORDENKINGS – 22 TOT 29 JULIE 2024
Wat doen ons wanneer die wêreld waarin ons leef letterlik verskeur word deur rewolwerskote, mesgeweld, woede, selfhaat, dwelmgebruikers, bendegeweld, en die mishandeling van vroue en jeug? Hierdie kwessies raak ons almal diep en laat ons met vrae oor hoe om te reageer en waarnatoe moet ons gaan vir hulp?

Vanaf 22 tot 29 Julie 2024, nooi ek jou uit om deel te neem aan my nuwe reeks daaglikse oordenkings met die tema “Bendegeweld”. Gedurende hierdie week gaan ons die uitdagings van ons samelewing bespreek en oorweeg hoe ons, as individue en as ‘n geloofsgemeenskap, ‘n verskil kan maak. Ek glo dat wanneer ons na die wêreld om ons kyk, ons iets kan doen. Een ding wat ons almal geroep is om te doen, is nie net om te bid nie, maar om God se raad in aksie te omskep.
Wat kan jy verwag van hierdie reeks?
- Daaglikse Skrifgedeeltes en Besinnings: Elke dag sal ons ‘n Skrifgedeelte deel wat relevant is tot die tema van die dag. Hierdie gedeeltes sal ons lei om dieper te delf in die Woord van God en Sy wysheid vir ons lewens.
- Praktiese Wenke en Aksieplanne: Ons sal praktiese wenke verskaf oor hoe ons ‘n verskil kan maak in ons gemeenskappe. Dit sluit in maniere om geweld te bekamp, ondersteuning te bied aan slagoffers, en hoe om gemeenskapsverhoudings te versterk.
- Gebede vir Verandering: Gebed is ‘n kragtige hulpmiddel. Ons sal saam bid vir genesing, verandering, en vrede in ons gemeenskappe. Elke dag sal ‘n spesifieke gebed fokus hê wat ons help om ons harte en gedagtes op God te rig.
- Getuienisse en Inspirerende Stories: Ons sal stories deel van mense wat reeds ‘n positiewe verskil maak in die stryd teen bendegeweld en mishandeling. Hierdie getuienisse sal ons inspireer en aanmoedig om ook aksie te neem.

Kom ons gebruik hierdie tyd om saam te staan teen die ongeregtighede wat ons gemeenskappe teister. Deur God se leiding en ons gesamentlike pogings, kan ons ‘n lig wees in die donker en ware verandering teweegbring.