DOEKGOED
KHOI KORTVERHALE (8)

Wanneer Tapoe en sy afgevaardiging by die Trooi se ouerhuis aankom, is die eerste stap om te smeek dat die hek oopgemaak word. Die oudstes verduidelik dat die gasheerfamilie se besluit om die besoekers aanvanklik terug te stuur, ‘n teken van respek is en die belangrikheid van hul dogter vir hul gesin beklemtoon.
Na verskeie pogings om toestemming te kry, word Tapoe hulle uiteindelik toegelaat om in te gaan. By die deur moet hulle lank verduidelik wat die rede vir hul besoek is want Trooi se pa vra kru “ WAT SOEK JULLE!!!! WAT IS JULLE SO LASTAG!!!!”. Asof hy van niks weet nie. Sodra hulle binne die huis is, word die bok wat Ghaap saam gebring het, in die agterplaas geslag. Die bloed van die bok dien ook as ‘n teken dat die man se gesin in staat is om die bruid na die huwelik te ondersteun.

Die oudstes en familielede neem plek by die besprekingstafel en stel hulself voor alhoewel hulle van geboorte mekaar ken. Die toekomstige bruidegom word onderworpe aan ‘n deeglike ondervraging aangaande sy verhouding met die toekomstige bruid. Intussen gaan een van Tapoe se tantes voort om die voor- en agterdeure van Trooi se huis te was, ‘n simbool van die wegwas van enige onreg wat hulle aan haar en haar gesin kon aangedoen het.
Tapoe se gesin bring ‘n verskeidenheid geskenke vir Trooi se gesin, insluitend die Doekgoed: soos tee, koffie, suiker, vet ens. In ‘n gevlegde mandjie, ‘n nuwe pyp met tabak, en ‘n varsgebakte warm brood. Vet van ‘n skaap, ‘n getuienis van oorvloed, en ‘n bottel heuningwyn (!tjarie) was ook ingesluit, almal sorgvuldig vasgemaak binne die voue van die kopdoek. Die kopdoek was meer as ‘n eenvoudige bykomstigheid; dit was ‘n kulturele embleem, wat getuienis dra, wat die opregtheid van hul bedoelings weerspieël. Hierdie geskenke is bedoel om aan te dui dat die toekomstige bruidegom se gesin voorspoed en oorvloed het en dat die bruid nie sal ly aan gebrek nie. Die oudstes van Trooi se onderhandeling span doen ’n noukeurige inspeksie of alles in die doek en rietmandtjie is. Die toekomstige bruid, Trooi, betree die vergadering met haar gesig bedek met ‘n wit lap, omdat die toekomstige bruidegom haar nie mag sien nie. Die oudstes vra vir Tapoe om enige merkerkenning op Trooi se liggaam te identifiseer om te bewys dat sy die vrou is wat hy wil trou.
Nadat Tapoe ‘n geboortemerk op Trooi se linkerarm geïdentifiseer het, word sy aan haar nuwe skoonfamilie voorgestel. Dit beteken egter nie dat Trooi onmiddellik vir huwelik oorgedra sal word nie. Trooi se gesin benodig steeds tyd om interne kwessies uit te stryk, maar die kans is goed dat sy tydens die volgende vergadering aan haar skoonfamilie vir huwelik oorgedra sal word.

Die onderhandelaars het laat aand met blye harte huiswaarts gekeer, want die DOEKGOED -byeenkoms was ‘n sukses. Trooi so pa het geween omdat dat sy liefling dogter binnekort die huis gaan verlaat, die heuningwyn is mos bekend vir traan losmaak…..