GROEPIE SE ANTIE VANNIE BELHAR

Home ยป blog ยป GROEPIE SE ANTIE VANNIE BELHAR

TOKKIE KASKENADES (3)

GROEPIE VAN UPINGTON

Toe ek net begin by die fakulteit was ek seker 8 jaar ouer as die ander in my klas, ek het toe nog โ€™n nuwe Corola gehad ย wat ek na twee maande moes verkoop. Sien ek is direk van Finch Myn met โ€™n lekker vet Instrumentasie Meganikus salaris na nul per maand. Nouja ek het darem nog โ€™n kar gehadโ€ฆ toe kom vra een van die studente (gee hom maar โ€™n skuilnaam ouGroepie) my om hom gou smokkie toe te vat ek weier toe nog (te vars .. lol) enige ander plek as die smokkie. Hy kom na โ€™n halfuur terug en vra dat ek hom na sy antie in Belhar moet vat, ek dink toe dis ok en ons ry. Ons wag toe in die kar buite sy antie se jaart toe hy terugkom met bier en wyn. Ek skel toe nรช man Groepie hoe is jy dan! Ek hoor nou nog Groepie se klesiek antwoord ‘รฉk kan mos nie help dat my antie smokkel nieโ€™. Ek het later uitgevind ek was by die Prerries.