BLOGAANKONDIGING: NAASTELIEFDE – ‘JOU NAASTE LIEFHÊ SOOS JOUSELF’

Home » blog » Naasteliefde » BLOGAANKONDIGING: NAASTELIEFDE – ‘JOU NAASTE LIEFHÊ SOOS JOUSELF’

NAASTELIEFDE WEEK – 21 TOT 26 APRIL 2025

“Want die hele wet word in een uitspraak vervul, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” – Galasiërs 5:14

 Wat is Naasteliefde?

Naasteliefde is die liefdevolle, opofferende en onvoorwaardelike sorg vir ander – nie net vir dié wat ons goed ken of liefhet nie, maar vir elkeen wat ons pad kruis. Dit is nie gebaseer op gevoelens of voorkeur nie, maar op God se gebod. Soos Kierkegaard skryf, is dit nie natuurlike liefde nie, maar ’n geestelike plig: om ander lief te hê omdat God húlle liefhet – en ons ook.

In hierdie week van oordenking wil ons saam leer hoe om opreg lief te hê. Hierdie liefde moet nie net in woorde wees nie, maar in dade. Kom ontdek saam wat dit beteken om in 2025 jou naaste lief te hê soos jouself.

Daaglikse Temas: 21–26 April 2025

Maandag, 21 April – Wat is Naasteliefde?
Ons fokusteks is Galasiërs 5 vers 14  –  naasteliefde is die hartklop van God se wet is, ’n leefwyse wat oorgaan in aksie.

Dinsdag, 22 April – God en jou naaste
1 Johannes 4:20 wys ons dat ware liefde vir God nie moontlik is sonder liefde vir ander mense nie. Dit daag ons geloof en verhoudings radikaal uit.

Woensdag, 23 April – Die werke van Naasteliefde
Matteus 22 vers 37 leer vir ons dat liefde nie net ’n gevoel is nie – dit is iets wat sigbaar word in dade van diens, vergifnis en genade.

Donderdag, 24 April – Lesse van die Barmhartige Samaritaan
Lukas 10:25–37 spel dit uit, ons naaste is nie net ons vriende is nie, maar ook vreemdelinge, buitestanders en selfs mense teen wie ons ’n vooroordeel het.

Vrydag, 25 April – Naasteliefde in aksie
Lukas 10 se boodskap breek grense af: liefde vra praktiese toewyding. Ons leer hoe ware geloof gestalte kry in optrede.

Saterdag, 26 April – Is Naasteliefde vandag moontlik?
Galasiërs 5:14 sluit die week af met ’n oproep: Al voel liefde onmoontlik in ons gebroke wêreld, wys God vir ons ’n beter pad – deur Sy Gees is dit moontlik!

Uitnodiging en Aanmoediging

Liewe blogleser, die wêreld hunker na hoop, vriendelikheid en opregte liefde. Hierdie week se reeks dagstukkies is meer as net inspirerende woorde – dit is ’n uitnodiging om te leef soos Jesus ons leer: met respek, sagmoedigheid en onvoorwaardelike liefde vir ander.

 Behandel mekaar met respek.
Wys Christus se liefde in woord én daad.
Deel hierdie reeks met jou gesin, vriende, gemeente en WhatsApp-groepe – en wees self ’n draer van lig.

Mag die liefde van Christus sigbaar word in jou lewe hierdie week – een daad van naasteliefde op ’n slag.

#Naasteliefde2025 #LiefSoosJesus #LiefdeInAksie #NaasteLiefhê