TIENER MORELE WAARDES: WEES LIEF VIR ALLE MENSE ONGEAG…

Home » blog » Brieven tieners » TIENER MORELE WAARDES: WEES LIEF VIR ALLE MENSE ONGEAG…

BLOGREEKS: BRIEWE AAN MY TIENERS KINDERS! MAANDAG 9  SEPTEMBER 2024

Ons leef in ‘n wêreld vol verskillende kulture, godsdienste en ideologieë. Almal van ons vorm deel hierdie aarde, maar ons vergeet soms om mekaar met die nodige liefde en respek te behandel wat elke mens verdien. Te dikwels fokus ons op ons verskille in plaas daarvan om ons gemeenskaplike menswees te fokus. Dit is egter ons gedeelde menswees wat ons moet verenig, en dit is die sleutel tot ‘n wêreld vol deernis en begrip.

Om alle mense lief te hê, ongeag hul agtergrond, is een van die mees duurste, beste en mooiste geskenke wat jy aan jouself en aan ander kan gee. Dit beteken nie net om vriendelik te wees met mense wat jy ken of wat soos jy lyk nie. Dit beteken om oop te wees vir elke persoon, of hulle nou van ‘n ander kultuur, geloof, of land kom. Dit begin by ‘n eenvoudige gebaar van vriendelikheid en respek – om iemand met ‘n glimlag te groet, om te luister na hul storie, om respek vir hul idees te toon, selfs al stem jy nie altyd saam nie.

Om vir ander om te gee en vir waar hulle vandaan kom, is ‘n mooi teken van respek. Dit beteken om bewus te wees van die feit dat elke persoon ‘n unieke agtergrond en geskiedenis het. As jy moeite doen om ander se oortuigings en tradisies te verstaan, bou jy nie net respek nie, maar bevorder jy ook begrip en aanvaarding.

Vriendskap is nog ‘n belangrike vorm van liefde. Ons maak vriende met mense van verskillende huishoudelike kulture, hulle verskil soms meer van jou as iemand van ’n ander land, tog maak ons vriende met mekaar… Ons kies ons vriende en deel spesiale oomblikke met hulle. Hierdie tipe liefde leer ons dat ons mense se keuses moet respekteer en hul andersheid moet waardeer. Net so moet ons leer om liefde en respek uit te brei na vreemdelinge – mense wat ons nie ken nie, maar met wie ons tog in verband staan omdat ons almal deel van die mensdom is.

My wens is dat julle met ‘n oop hart na die wêreld te kyk. Onthou, liefde vir ander – ongeag hul kultuur of agtergrond – is wat ware verbindings skep. Dit maak nie saak hoe iemand lyk of waar hulle vandaan kom nie; ons deel almal dieselfde aarde en moet mekaar met respek en deernis behandel.

Met liefde, PaPa