AANKONDIGING: NUWE BLOGREEKS – MORELE WAARDES 9  TOT 22 SEPTEMBER 2024

Home » blog » Brieven tieners » AANKONDIGING: NUWE BLOGREEKS – MORELE WAARDES 9  TOT 22 SEPTEMBER 2024

MORELE WAARDES: BRIEWE AAN MY TIENERS KINDERS!

INLEIDING

Wat is Morele Waardes?

Morele waardes verwys na die riglyne wat ‘n persoon help om tussen reg en verkeerd te onderskei. Dit is die beginsels wat ons lei om eerlike, geloofwaardige, en regverdige besluite te neem in ons alledaagse lewe. Deur bewus te wees van ons eie morele waardes en ons dade krities te evalueer, kan ons op ‘n etiese manier optree, verhoudings bou, en betroubare keuses maak.

Waardes vorm die grondslag van wie ons is en hoe ons met ander omgaan. Hulle is soos ‘n innerlike kompas wat ons help om goeie besluite te neem en reg op te tree. Ek gaan in hierdie reeks fokus op (onder andere) waardes soos:

  1. Liefde vir jou naaste
  2. Eerlikheid
  3. Integriteit
  4. Vriendelikheid
  5. Verdraagsaamheid
  6. Respek
  7. Billikheid
  8. Toleransie
  9. Deernis
  10. Empatie
  11. Waardigheid
  12. Vertroue

Ek self het Tiener kinders en my idee is om briewe aan hulle te skryf. Die geskrewe woord (ewige waarde) is net so belangrik as die gesproke woord. Hierdie Briewe blogreeks bied hopelik insigte vir ouers, opvoeders en versorgers oor hoe om tieners en tweeners (twintigs) te ondersteun in die vorming van hul eie waardes en hoe hulle gelei kan word om met deernis, eerlikheid en integriteit op te tree.

Stuur die briewe ook aan jou kinders, kleinkinders asook familie en vriende, en ontdek hoe ons ‘n blywende impak kan maak op die jong generasie en help om ‘n beter wêreld vir almal te bou. Bly op hoogte van die reeks vir insiggewende artikels en praktiese wenke oor die belang van waardes in ‘n veranderende samelewing.

Ons eerste artikel verskyn binnekort!