Elke dag ’n OORDENKING EN ’N ARTIKEL – 26 AUGUSTUS TOT 9 SEPTEMBER 2024
Na twee beroertes is ek onuitspreeklik dankbaar vir die geleentheid om terug te kyk na my lewensreis. Hierdie tyd van refleksie het my die kans gegee om vergifnis te vra aan almal wat ek seer gemaak het of te na gekom het of selfs seer gemaak het. “PLES EK HETTIE”. Die Here het my geseën met ‘n geseënde gesinslewe om te waardeer, en ook om te erken dat daar dinge is wat ek graag anders sou wou doen. Terwyl ek terugdink, besef ek hoe groot die invloed van alkohol op my lewe en dié van my geliefdes was, vra maar my SASOL Vriende en Studente Hostel maats! Ek was baie gelukkig om nie verslaaf te raak nie en kon maklik ‘Nee Dankie’ sê sonder enige begeertes. Ek was seker ’n geleentheids alkohol drinker? Ek is nou vir jare al ’n geheelonthouer en mis glad nie vroëe dae nie. Dit is in hierdie gees van openheid en bemagtiging dat ek met vreugde aankondig dat ek ’n reeks blogposte gaan publiseer wat handel oor die vele aspekte van alkoholmisbruik.

Van 26 Augustus tot 9 September 2024, sal ek elke dag ‘n nuwe insig, perspektief en ’n oordenking uit die Woord deel oor alkohol en die impak daarvan. Hier is ‘n paar van die temas wat ek sal aanspreek:
Wat is Alkohol? – ’n kykie na wat alkohol is en hoe dit gemaak word.
Geskiedenis van Alkohol – Hoe alkohol oor die eeue heen ‘n rol gespeel het in verskeie kulture.
Redes van Alkoholiste – Ek kyk na die verskillende redes waarom mense hulself na alkohol wend.
Alkohol en Jou Gesondheid – Die impak van alkohol op fisiese en geestelike gesondheid.
Alkohol en Tieners – Hoe alkohol jongmense beïnvloed en waarom dit so gevaarlik is.
Alkohol en Bejaardes – Die spesifieke gevare van alkoholgebruik vir ouer mense.
Alkohol en Die Gesin – Hoe alkohol gesinne kan ontwrig en die dinamiek daarvan kan beïnvloed.
Alkohol en Jou Bemindes – Die emosionele tol wat alkohol op verhoudings neem.
Hoe Praat Ek Met My Wederhelfte? – Wenke vir gesonde kommunikasie oor alkoholgebruik.
Redes om te Stop – Inspirasie en motivering vir diegene wat oorweeg om op te hou drink.
Self-Evaluasie – ‘n Gids om jou eie alkoholgebruik krities te beoordeel.
Rehab As Dit Nodig Is – Wat jy kan verwag van rehabilitasie en hoe om die regte hulp te kry.

Sommige van hierdie onderwerpe is so ryk aan inligting dat ek dit oor twee of drie dae sal versprei. Hierdie reeks is nie net vir diegene wat self sukkel met alkohol nie, maar ook vir diegene wat dalk ‘n geliefde wil ondersteun. Beskou dit as ‘n bron van bemagtiging en deel dit gerus met groepe soos die CAB, maatskaplike NGO’s, en met jou familie en vriende.
Elke dag sal ek ook ‘n kort oordenking en gebed insluit om jou deur die reis te begelei. Ons weet almal dat die gebruik van alkohol ‘n komplekse saak is, een wat ons dikwels probeer versag met verkleinwoordjies soos “’n glasie” of “’n biertjie”. Maar daar is dinge wat nie afgewater of gerelativeer moet word nie – dit is sake wat ons ernstig moet opneem. Ek hoop dat hierdie reeks jou sal bemagtig om die regte besluite te neem en jou te help om dié inligting goed te gebruik en andere te help.
Deel asseblief hierdie reeks met mense wat dit nodig mag hê, en laat ons saam werk om die bewusmaking rondom die gevare van alkoholmisbruik te verhoog.

Dankie dat julle deel wil word van hierdie reis. Ek sien uit daarna om hierdie belangrike temas met julle te deel en hopelik ’n verskil te maak in die lewens van almal wat deelneem.
Wees geseënd. HEILBIDDEND
NS Ek gaan ’n powerpoint van elke artikel maak kontak my dmv epos (adres is beskikbaar op die website