BLOG REEKS AANKONDIGING – STUDIEMETODES 2025

Home » blog » studiemetodes » BLOG REEKS AANKONDIGING – STUDIEMETODES 2025

STUDIEMETODES – WATTER STUDIETEGNIEKE WERK REGTIG?

Leerders, Studente, ouers en onderwysers – hierdie een is vir julle!

Suffer now smile later!

Ek begin ’n 4-DEEL BLOGREEKS wat kyk na ‘n versameling studietegnieke wat regtig werk — gebaseer op navorsing, maklik om te gebruik, en bedoel om jou regtig te help slaag! Onthou die 4 tegnieke moet saam gebruik word! In ’n wêreld waar onderstreep en herlees steeds koning is (maar min help!), gee hierdie reeks jou ’n gids tot die beste metodes.

WAT KAN JY VERWAG VAN HIERDIE VIER INSIGGEWENDE BLOGARTIKELS?

Intensief Lees & Elaboratiewe Interrogasie

    Leer hoe die eenvoudige vraag “Hoekom is dit waar?” jou geheue en begrip dramaties stimkan verbeter. Hierdie metode gebruik jou bestaande kennis om nuwe feite vas te lê.

    Selfverduideliking & Opsomming

    Hoe om aan jouself te verduidelik wat jy leer — en waarom hierdie metode meer betekenis aan jou studies gee. Spesiaal nuttig in wiskunde en wetenskap.

    Oefentoetse

    Ontdek hoekom toets jouself, voor die eksamen, een van die besste maniere is om inligting vas te lê. Geen wonder dit word deur navorsers as die beste beoordeel nie.

    Verspreide Tydbesteding

    Stop die gewoonte om last-minute (ter elfder ure) te leer. Leer oor verskeie maande, weke en dae bou langtermyngeheue — en help jou regtig presteer in toetse en in die lewe.

    SAMEVATTING

    Ek nooi studente, ouers én onderwysers om hierdie reeks saam te lees, daaroor te gesels, en dit met ander te deel. Of jy nou eksamenkoors het, kinders help leer, of lesse beplan — hierdie inligting is vir jou.

    Laat weet wat vir jou werk. Deel jou gunsteling tegnieke. Vra vrae. Hoe meer ons deel, hoe beter leer ons almal.

    MOENIE DIE REEKS MISLOOP NIE!
    Elke inskrywing is kort, prakties, en propvol wenke wat jy vandag al kan begin gebruik.

    En soos ek altyd sê: “Suffer now, smile later!”
    Onthou om die reeks te volg, deel dit op jou skoolgroep, en tag iemand wat dit moet sien!

    Primêre Bron:  Improving Students’ Learning With Effective Learning Techniques: Promising Directions From Cognitive and Educational Psychologyhttps://pcl.sitehost.iu.edu/rgoldsto/courses/dunloskyimprovinglearning.pdf

    1 thought on “BLOG REEKS AANKONDIGING – STUDIEMETODES 2025”

    1. More Obe, is dit nie in Engels nie. My kleinders praat ne engels en lees Afrikaans met die woordebiek langs hulle.

    Comments are closed.