“OEM TAS”: ONS GEE ALLES ‘N NAAM

Home » blog » jokes » “OEM TAS”: ONS GEE ALLES ‘N NAAM

Alkoholiese drank byname

Maar ek wil skryf oor drankbyname soos byvoorbeeld Oom Tas, ‘n heeleenvoudige kort naam word verander na die ‘Man met die hoed’. Ek wil dat julle asb komment met drankbyname en redes van name in julle gebied watek by my versameling kan voeg.

1. SALLIEHALLIE

Daai rooi prop drank wat lyk soos kookolie het seker in elke dorp ‘n ander naam. In Griekwastad is sy naam Salliehalie omrede as jy hier ‘n glasie daarvan drink sal jy nie die huis haal nie, jy tiep sekerlik onderweg.

2. FOUTE

In Galeshewe Kimberley word daai rooi proppie foute genoem. Voor die mense dit drink heers daar ‘n atmosfees van vrede en samehorigheid of soos die toerisme mense se Traankwillitie. Na die dop heers daar ‘n atmosfeer wat vir Bruce Lee, Tyson, Chuck Norris en die Undertaker baie tevrede sal maak. Skielik vind jy fout met almal.

3. SWAAIBEK

Ek wou altyd die Beroerte navorsers gevra het om bietjie na suurwyn se nagevolge te kyk. Die mense wat suurwyn drink is voor die eerste sluk of vyf heel normaal dan skielik kry hulle ‘n erge beroerte aanval, hulle gesigte verskuif onverklaarbaar nalinks, hulle monde swaai – Swaaibek – afwaarts met kwyle wat vloei soos ‘n stralietjie pie.

4. BLINKGEDAGTE

Die ouens sit rustig onder die boom en speel ouses totdat een van hulle skielik ‘n blinkgedagte kry daarna is niks meer dieselfde nie. Die naam kom van daai foelie sakke wat los of binne ‘n boks verkoop word, daarna ontaard daai rustige oupiet game in ‘n drade wat shok game.

Ek weet dit klink bekend