KOSTELIKE LAG-MET-‘N-TRAAN HULDEBLYKE
Onthou by begrafnisse huil ons nie net, ons lag ook lekker. Ek persoonlik hou baie van begrafnis hou. Om die waarheid te se dit is my gunsteling diens dit is vir my fantasties om mense te troos. Ek huil saam en deel die verdriet van mense dit is egter ook die diens waar ek saam met die bedroefdes lekker gelag het. Daar agter die kansel kon ek darem net afbuk en lekker anoniem lag! Ek gaan net ’n paar stories vertel sonder om name te noem. Ek het ook stories gehoor by ander Dominees. As jy dink jy ken die storie, dit was jou familie, wil ek vooraf se dit is net toeval, dit was ’n ander begrafnis …

1. Kom ons begin by die ouma wat gesterf het. Na twee mooie huldeblyke kry die ouma se buurvrou kans. Sy vertel hoe lieflik die ouma was en almal het van haar gehou …. Behalwe! As die SASSA in is, dan het die ouma sommer behoorlik gedrink en as sy so lekker dronk is dan begin sy al wat beweeg te skel, die kat, die hond, die kinders, die bure almal kry woorde wat diep krap waar dittie jik nie. Sy sê eendag skel die ouma vir haar liederlik uit, so erg dat sy oorweeg het om die ouma fisieke opvoeding te gee so ‘n paar klappe om haar mond toe te maak, maar toe dink sy nee, sy kannie dit doen nie, die Here wil nie dat sy die oue van dae slaat nie. Sy sê, die ouma gaan so tekere want sy is warm gedrink, dat sy dink iets moet gedoen word om haar te beteul. Gelukkig onthou sy toe van die potjie pie wat haar dogter al eergister moes weggooi, toe koel sy die ouma daarmee af…
2. By ’n begrafnis in Prieska het ek nie geweet moet ek lag of huil nie. Ek is gevra om my antie te begrawe. My neef doen die huldeblyk van sy ma, namens die familie. Sy toespraak was verstommend: “Julle mense van Prieska sal nooit aan iets kom nie, want julle gryp nie die geleentheid as dit kom nie. Hoeveel van julle het al in ’n Mercedes gery? Gaan Maandag Garage toe en gaan sit in ’n Mercedes en se vir daai Mercedes vir jou sal ek nog koop, moenie so ongelowig wees nie glo net en dit sal waar word. Dit is al wat ek wil se. Dankie neef vir die geleentheid’. Dis al wat hy sê, Toe loop sit hy!
3. ’n Vriend vertel by ’n huldeblyk watter goeie man sy vriend was en hoe opbouend hul vriendskap was. Hy se sy vriend het jare by die Aai scream fektirie gewerk, nooit gesteel nie want hy was ’n eerbare man, hy sê toe “ek sal maar nie vertel van die bokse Aai scream wat hy by sy huiswinkel afgelaai het nie …’.
4. Die man praat by sy vriend se begrafnis en na hy vertel het van hul goeie vriendskap rig hy sy aandag na Anel sy vriend se vrou. Hy sê vir haar ‘Anel jy sit en huil so asof my vriend niks vir jou gelos het nie, hy het my self vertel hy het insurance op sy huis bond uitgehaal so as hy doodgaan is dit klaar betaal en jy huil, jy moet liewer sing … This is the day that the Lord has made let us rejoice and be glad in it… Anel daai dae wat jy so in die reën stasie toe moes loop en daai vol triene moes ry, daai dae is verby hy het ‘n lewenspolis van R1,2 miljoen op homself uitgehaal, jy kan nou ’n kar uit die boks koop en jy sit en huil hier, jy moet liewer sing … This is the day that the Lord has made let us rejoice and be glad in it…
5. Die antie het suiker gehad en albei bene is toe afgesit. Haar jongste seun het nooit die huis verlaat nie, hy was 40 by haar afsterwe en was onvertroosbaar verdrietig. By die huis was hy eerste om te besigtig die begrafnis ondernemer moes hom soebat om ander mense ook kans te gee om te kyk. Toe hulle by die kerk kom was daar weer geleentheid om met sig afskeid te neem en natuurlik was hy weer heel voor in die lyn nog voor die kis oopgemaak is. Toe die kis by die kop kant oop gemaak is, skreeu die seun Weergalmend en Bloedstollend lat die kerkgebou tril… “WA IS MA!!! Vinnig maak die begrafnis ondernemer die res van die kis oop. Toe skreeu die seun.. Ö DA IS MA!!!!!! Die ondernemer het nie die blok wat verhoed lat die antie (wat sonder bene was) afgly nie, ingesit nie!!!!