BELOFTE MAAK SKULD – DAGSTUKKIES 24–30 MAART 2025
Wat is ’n belofte?
Lank gelede, in die Middeleeue, het mense hul beloftes met ‘n handdruk verseël. Geen papier, geen kontrak – net ‘n woord en ‘n daad van eer. Vandag het ons al die regsbeginsels en kontrakte in plek, maar die beginsel het nie verander nie: as jy iets belowe, word jy gehou daaraan. ‘Belofte maak skuld’ – drie eenvoudige woorde, maar met ’n belading wat dikwels misgekyk word.
’n Belofte is nie net ‘n mooi woord of goeie bedoeling nie – dit is ’n morele verpligting, ’n verbintenis van hart tot hart. Hierdie week, vanaf 24 tot 30 Maart 2025, nooi ek jou uit op ’n geestelike reis van oordenking oor die krag en las van beloftes. Ontdek wat God se Woord sê oor die waarde van jou woorde.

Daaglikse Temas: Belofte Maak Skuld
Maandag 24 Maart – Wat is ’n Belofte?
Ek ondersoek die sielkundige, geestelike en sosiale impak van ‘n belofte. Wat beteken dit werklik om iets te belowe – aan ‘n ander mens én aan God?
Dinsdag 25 Maart – Hou Jou Woord: Die Kuns van Toewyding
Ware toewyding begin by realistiese, eerlike beloftes. Hoe kan jy leer om nie te oorskat wat jy kan doen nie – en steeds ‘n mens van integriteit wees?
Woensdag 26 Maart – Die Impak van Gebreekte Beloftes
Wanneer beloftes verbreek word, val verhoudings uitmekaar. Ek kyk na die emosionele en geestelike gevolge van teleurstelling en wantroue.
Donderdag 27 Maart – Die Soektog na Goedkeuring: Die Psigologie van Beloftebrekers
Sommige mense leef op die “high” van valse hoop gee – maar dit steel jou vrede. Ek ondersoek hoe jy jouself kan beskerm teen hierdie tipe verhoudings.
Vrydag 28 Maart – Is Beloftes Wetlik Bindend?
Wat sê die wet regtig oor beloftes? Hoe pas beginsels soos dwaling, vertroue en regverdigheid in die regstelsel en ons geestelike lewe?
Saterdag 29 Maart – Wat Is Jou Woord Werd?
In ‘n wêreld waar “spookgedrag” en wit leuentjies normaal geword het, is dit maklik om te vergeet dat elke woord wat ons uiter, ‘n refleksie is van ons karakter. Sondag 30 Maart – Die Geloofsles van Jefta en Prediker
Ek sluit die week af met ’n duidelike Bybelse les uit Prediker en die verhaal van Jefta. God neem jou woorde ernstig – doen jy?
Belofte of Bedrog?
Die wêreld is vol leë woorde en feel-good beloftes. Maar God roep ons tot meer – tot eerlike toewyding, tot dade wat getuig van liefde en waarheid. Kom ons wees mense wat ons woord hou, nie net vir die mense rondom ons nie, maar ook voor God. Deel asseblief hierdie reeks met jou gesin, vriende, kleingroep, kerk of aanlyn-gemeenskap. Laat hierdie week se boodskappe ‘n lig skyn op waarheid, integriteit en geestelike volwassenheid.
Gebruik die hutsmerk: #BelofteMaakSkuld2025 op sosiale media en laat weet watter dag jou die meeste aangeraak het!