4de WEEK ADVENT OORDENKINGS GOD SE GENADE IN DONKER TYE

Home » blog » 4de WEEK ADVENT OORDENKINGS GOD SE GENADE IN DONKER TYE

DONDERDAG 19/12/2024 ’n Tyd van Stilte en Herstel

“Onmiddellik is sy mond geopen en sy tong losgemaak, en hy het begin praat en God geloof.”Lukas 1 vers 64

Sagaria se stilte eindig wanneer hy in gehoorsaamheid Johannes se naam bevestig. Hierdie tyd van stilte het hom nie net voorberei nie, maar ook sy geloof verdiep. Toe hy weer kon praat, het hy dadelik God geloof.

Advent is ook ’n tyd van stil word, van fokus op God se stem. Soos Sagaria, kan ons in stilte voorberei om God se genade te sien en te deel.

Maak tyd hierdie week om stil te wees voor God. Hoe wil Hy jou voorberei vir die komende fees van Kersfees?

GEBED: Here, help my om stil te word in U teenwoordigheid. Gebruik hierdie Advent om my hart voor te berei vir U koms. Laat my stem gevul wees met lof wanneer ek U genade ervaar. AMEN