Kersete met Familie – Vrede of Onvrede?

Home » blog » ADVENT 2024 » Kersete met Familie – Vrede of Onvrede?

KERSETE Blog dagstukkie aankondiging: 23–25 Desember 2024

Kersdag kom nader, baie van ons sien uit na die vreugde van saamwees om die etenstafel met geliefdes. Van ons reis ook ver om by familie te wees. Die Kers-etenstafel is meer as net ’n plek om ’n maaltyd te deel; dit is ’n geleentheid om te verbind, te reflekteer en die geskenk van familie te vier. Tog kan dit ook soms ’n bron van spanning, misverstande of selfs konflik wees.

Van verskillende persoonlikhede tot botsende opinies, kan die familietafel soms meer soos ’n slagveld voel as ’n hawe van vrede. Hoe balanseer ons die skoonheid van saamwees met die werklikheid van ons onvolmaakthede? Hoe kweek ons vrede in ’n omgewing waar ontevredenheid kan ontstaan?

Volg en deel gerus die drie-dag blogtoewyding van 23–25 Desember, waar ek nadink oor die tema Kersete met Familie – Vrede of Onvrede sal deel. Elke dag sal ons natuurlik Heilige Skrif advies ontvang oor lewensuitdagings en praktiesewenke oor hoe om harmonieus en liefdevol Kersete te nuttig:

  • Maandag 23ste  : Jaag vrede na by die Kers eettafel Romeine 14 vers 19
  • Dinsdag 24ste : Die Geskenk van Selfbeheersing 2 Timoteus 1 vers 7
  • KERSDAG : Liefde Oorwin Alles 1 Korintiërs 13

Kom ons maak die Kersete ‘n opregte Heilige Verjaardag fees, herontdek die heiligheid van die etenstafel as ’n plek waar Christus se vrede regeer. Wees gereed om te reflekteer, bemoedig te word, en inspirasie te vind om vreugde en liefde na jou familie hierdie Kersfees te bring.