ADVENT – HISTORIESE OORSPRONG
Die woord Advent dra besondere geskiedkundige, linguistiese en geestelike betekenis. Hoewel dit vandag algemeen verwys na die vier weke wat Kersfees voorafgaan, is die woordtjie advent se oorsprong gewortel in die Latynse taal en die vroeë tradisies van die Christelike kerk.

Oorsprong in Latyn: “Adventus”
Die term Advent stam af van die Latynse woord adventus, wat “aankoms,” “benadering,” of “koms” beteken. Dit is afgelei van die werkwoord advenire, wat “om aan te kom” of “om na iets toe te kom” beteken. Hierdie werkwoord is ’n samestelling van ad (“na, tot”) en venire (“kom”), wat op sy beurt spruit uit die Proto-Indo-Europese wortel gwa- (“om te gaan, kom”). Die kombinasie dui op beweging na iets belangriks—’n idee wat sentraal staan in die Adventseisoen. In Kerk-Latyn het adventus ’n gespesialiseerde betekenis gekry: “die koms van die Verlosser.” Hierdie teologiese nuance (skakering) het ontstaan toe die vroeë Christelike kerk begin reflekteer het oor die verwagting van Jesus Christus se geboorte (sy eerste koms) en sy uiteindelike wederkoms (die tweede koms).