Blogreeks: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD

Home » blog » 16 DAYS » Blogreeks: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD

1 TOT 16 DESEMBER 2024

Met die tema “Ek Protes vandag, want as ek môre nie meer hier is nie, wil ek hê julle moet namens my Protesteer,” skop ek op 1 Desember 2024 ’n inspirerende en insiggewende blogreeks af wat fokus op die 16 dae van aksie teen geweld teen vroue.

Hierdie reeks sal die komplekse realiteite van geslagsgebaseerde geweld ondersoek en praktiese maniere bespreek waarop ons as gemeenskap hierdie skrikwekkende epidemie kan beveg. Elke artikel sal ’n vars perspektief bied oor temas soos bewusmaking en ondersteuning vir slagoffers.

Besoek my blog en deel met vriende en familie om ’n wêreld sonder geweld teen vroue moontlik te maak.
Jou stem maak saak. Protes maak ’n verskil.