Bestel het Khoi boek: VRYE NATUURMENSE TOT SLAWE

VRYE NATUURMENSE TOT SLAWE
Die Khoi-mense – my voorouers – het met hul stemme, hul voetspore en hul vryheid die grond van Suider-Afrika gevul met ritme, betekenis en identiteit.
Hierdie boek is ’n huldeblyk aan daardie wêreld: ’n versameling kortverhale wat die pyn van verlies, die krag van oorlewing, en die onblusbare vlam van ’n volk se kultuur en spiritualiteit vier.
Die Onuitblusbare Vlam van die Suid-Afrikaanse Khoi
Met Vrye Natuurmense tot Slawe neem ek jou terug na ’n tyd toe die Khoi met hul vee deur die oop vlaktes getrek het, in harmonie met die seisoene, en hul wêreld verstaan het deur rituele, storievertelling en verbondenheid met die aarde.
Ek vertel van hul vreugdes, hul stryd, hul onderdrukking ná die koms van die VOC – maar ook van hul ongelooflike veerkragtigheid.
Hierdie boek is geïnspireer deur die stem van my oumagrootjie, Mieta ‘Ogies’ Witbooi, en gevoed deur jare se navorsing én my pad tussen Suid-Afrika en Nederland.
Elke storie is ’n vuurherinnering – ’n manier om die stemme van my mense lewendig te hou.
Ek nooi jou uit om saam met my te luister, te onthou en te leer.
Bestel hier uw exemplaar

