VERKIESING KEUSES

Home » blog » VERKIESING KEUSES

Oordenking: LENT 40 dae – 39th

Skriflesing: “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?” MATTEUS 7:16

As ons onsself in ’n verkiesings jaar in Suid-Afrika bevind, is dit noodsaaklik vir Christene om eers te stop en te reflekteer. Reflekteer oor die verantwoordelikheid wat met burgerskap gepaard gaan. Ons is nie bloot toeskouers in hierdie demokratiese proses nie; ons is liewer trustees aan wie die voorreg toevertrou is om die toekoms van ons nasie te vorm. God het alle Suid Afrikaanse Christene die voorreg gee om te stem, doen dit asb met die doel om ‘n agent van verandering te wees. Jou stem kan verandering bring … lig gee om die spiraal van donkerte te breek … armoede uit wis … jou stem kan bendes hul mag laat verloor!! GLO JY DIT!!

Jeremia 29:7 herinner ons aan ons plig om die welvaart van ons land, ons stad, , ons mense na te jaag. Dit beteken om aktief betrokke te raak by die politieke proses: om te pleit vir geregtigheid, regverdigheid, eerlikheid en die algemene welvaart van alle mense. Ons burgerskap moet nie ligtelik opgeneem word nie; dit is ‘n platform waarmee ons waardes wat Christus eer, kan handhaaf en bydra tot die florerende van die samelewing.

Terwyl ons die moeilike  keuse moet maak, watter party ons stem waardig is, laat ons dit met oordeelsvermoë en wysheid doen. Laat ons leiding van God soek om ingeligte besluite te neem, leiding om ons keuses met Bybelse beginsels te maak. Die Saligsprekinge van jesus is belangrik om te kyk of partye se manifestos ooreenstem met Sy beginsels. Mag ons stem gebruik om regverdigheid en eerlikheied te bevorder en die welstand van alle burgers na te streef, en sodoende die liefde en medelye van Christus in alles wat ons doen, te weerspieël.

Gebed:
Genadige God, terwyl ons hierdie verkiesing binnegaan, soek ons U wysheid en leiding. Help ons om ons burgerskap met integriteit en doel te bestuur, Sodat ons U in al ons optrede en besluite kan eer. Verleen ons met oordeelsvermoë om die kompleksiteite van politiek te verstaan.
En mag U wil en begeleiding ons geliefde Suid Afrika genees. In Jesus se Naam bid ons.
Amen.

Refleksievrae:

  1. Hoe kan ons aktief ons burgerskap bestuur op ‘n manier wat Christus gedurende hierdie verkiesing eer?
  2. Watter Bybelse beginsels moet ons besluitnemings proses lei terwyl ons in die politieke lewe betrokke raak?
  3. Op watter maniere kan ons vir geregtigheid en regverdigheid in ons samelewing pleit deur ons deelname aan verkiesings?