TOKKIES@BUSH (1)

Soms vra mense vir jou wat was die beste onderrig tyd in jou lewe (laerskool, hoërskool, kollege of universiteit) dan antwoord ek ongetwyfeld my ses jaar by die Tokkies (Teologiese Opleiding by die Universiteit van Wes Kaapland). Was dit nie heerlike onthou jare, die Kameradie, ewige vriendskappe, lekker lag tye, vrou en man vind jare, 6 harde leer jare (13 modules in elk van jou laaste twee jaar). Ook stoute tye, ek sal niks daaroor niks sê nie, sal om profesionele redes hoogs onvanpas wees.

Die Fakulteit Teologie Personeel was amper soos familie van Professors tot skoonmakers, net lekker tye. Oom Daan Cloete was ons amper vader al weet ek nou nog nie hoekom sy ore so konstant gejik het in die klas, dan sê hy vir sekondes niks terwy hy woel met sy wysvinger in eers die een oor dan die ander oor. In die Ou Testament klas het Pieter Els weer ’n Jik op ’n ander plek gehad so erg dat Glenda (ons is van 1ste tot sesde jaar in dieselfde klas) naderhand vir my gevra het om met Prof Els man tot man te praat. Die probleem was die gejik was by sy broekzip omgewing, soms krap hy vir 5 tot 15 sekondes lank elke 5 minute terwyl hy van Kores en Daruis en die banvloek les gee. Dan was daar Bam wat ’n preek so besonder wreed kon Kritiseer, soos een student se preek wat hy 1/10 gegee het en toe die student protes aan teken sê hy ‘jy is gelukkig jy het een gekry al wat reg was van jou preek was AMEN aan die einde’. Oom Hannes het mos vir ons klas gegee in Afrikaans met ‘n Nederlandse aksent, wat ’n aangename man was hy nie, ek het verskriklik baie van hom gehou seker omdat hy so lekker gelag het vir my jokes, eendag toe lê oom Hannes op die vloer – letterlik – in Ant Christine Bergstedt se kantoor soos ek hom onder kaarte skiet.