“There is a crack in everything ….”

Home » blog » “There is a crack in everything ….”

LENT 40 daetyd  – Dag 28

Skriflensing: “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, …… nogtans sal ek in die Here jubel, …” Habakuk 3: 17 – 19

Besinning: In die liedjie “Anthem” gebruik Leonard Cohen die refrein: “There is a crack in everything; that’s how the light gets in.” Wat Leonard Cohen ook al in gedagte gehad het toe hy daardie frase bedink het, dit sê  iets oor hoe wysheid, medelye en moraliteit in ons lewens infiltreer. Ondanks groot tegnologiese vooruitgang en selfs ’n paar goeie sosiale prestasies, is alles nie perfek of liewer van reg met die wêreld. Mense kry seer, elke dag soveel moorde en verkragtings, mense word siek, soveel hongerte, trane en nogmaals trane, kinders soos Josline lewe tragies en verdwyn…. Tog is dit hierdie mense – die haweloses, die siekes, die onaantreklike, die gebroke, die gestremdes, die ongetalenteerdes, dié met kanker, die ongeborenes, en die armes in die algemeen – wat die barste is waardeur die lig binnekom. Hulle gee siel aan ons wêreld.

GEBED: Here, ons dank U vir die lig wat deur die barste van ons wêreld skyn. Help ons om wysheid, medelye en morele waardes te ontwikkel deur ‘n beter begrip van die barste in ons samelewing. Mag ons diegene wat deur die barste val, sien en liefhê, en mag ons deur hulle ‘n dieper begrip van u liefde en genade verkry. AMEN.

Refleksievrae:

  1. Hoe kan ons meer bewus wees van die barste in ons samelewing en hoe kan ons help om die lig daardeur te laat skyn?
  2. Wat kan ons leer uit die ervarings van diegene wat deur die wreedheid  van die wêreld tot ’n val kom?
  3. Op watter manier kan ons wysheid, medelye en morele waardes in ons eie lewens ontwikkel deur lig te laat skyn in die barste in die wêreld?