TAPOE WITBOOI MOET KIES: TROOI OF KAAITJIE

Home » blog » TAPOE WITBOOI MOET KIES: TROOI OF KAAITJIE

TROOI OF KAAITJIE

KHOI KORTVERHALE (8)

Tapoe, die seun van Kaptein Ghaap, het die onwetend die een hoek van ‘n liefdesdriehoek geword. Beide Kaatjie en Trooi se !njas (vrouedele) het gewoel as hulle vir Tapoe sien. Om die kampvuur, terwyl die kole van die oop vuur ‘n warm skynsel op die gesigte van die Khoi-volkies gewerp het, was daar ‘n flikker gooiery van Kaatjie en Trooi en amper opsigtelik meedinging vir Tapoe se aandag.

Die spanning het toegeneem toe dit lyk asof Tapoe se oë waterig word as hy Trooi se kant toe kyk.  Kaatjie, wat dit raak gesien het, het stil geraak wetende sy is besig om die liefdestryd te verloor. Sy het opgespring en na hul hut gestorm verteer deur jaloesie! Soos party mense maar is dink hulle nie meer aan vriendskap nie net aan hoe sy Tapoe kan dwing om na haar kant toe te kyk.  Sy het eers ’n gerug versprei dat Trooi ’n geheime verhouding het met met Jan Hugo. Toe het Jan die gerug ten sterkste ontken en briesend kwaad geword vir Kaaitjie se leuens, want Vytjie het hom amper met die warm water oor sy ten dele gegooi. Toe het Kaaitjie weer ander kwaadwillige niewies versprei deur ‘n somber beeld oor Trooi se !Njas te gooi. Sy fluister aan die ouer mense dat Trooi nie kinders kan baar nie, en sodoende ‘n somber prentjie van geen moonlike troon opvolging te verf.

Die konflik het (natuurlik noodgedwonge) in die openbaar uitgebreek tydens ‘n nagtelike byeenkoms rondom die oop vuur. Die knetterende vlamme was getuie van die ontvouende drama toe Kaatjie, onvermoë om haar frustrasie langer te bedwing, Trooi met ‘n weergalmende klap getref het. Die sugte van die toeskouers het die lug gevul terwyl Trooi, gewond in hart en met ‘n brandende wang, huilend na haar hut gehardloop het met Tapoe troostend langs haar. Die klap het die teenoorgestelde uitwerking gehad want Trooi het met ’n lied in haar !njas gaan slaap, Tapoe het haar met ’n soen getroos!

Volgens die Khoi-tradisie moes die saak deur die Kaptein en ‘n tribunaal van gerespekteerde ouderlinge besleg word. Die Kaptein, ‘n wys en ervare man, het die oudstes bymekaargemaak en homself verskoon omdat sy seun Tapoe die haan was wat die troebel waters onder die dames veroorsaak het. Kaatjie, Trooi, hul ouers, en selfs hul oumas is na ’n tribunaal ontbied.

Tapoe, die oorsaak van die Tsunami is ook geroep om voor die tribunaal te staan. Die lug was swaar van die spanning terwyl die oudstes na almal geluister het. Kaaitjie het haar swygreg gebruik, terwyl Trooi te kenne gee dat die klap vir haar ’n skok was en uit die bloute gekom het. Tapoe het sy bes geprobeer om nie te wys dat hy gevlei is dat die skoonhede albei ’n oog op hom het.

Uiteindelik het die oomblik van uitspraak aangebreek. Die oudstes het besluit om nie vir Kaatjie te straf nie, maar dat die kwessie net daar en dan doodgemaak word, Tapoe moet nou kies en sy keuse moet aanvaar word. Tapoe het nie tyd nodig gehad om te dink want sy hart was draagtig vir Trooi.  Die kamer het stil geword toe die finaliteit van die keuse op almal teenwoordig neergedaal het. Daar was vreugde vir Trooi en medelye met Kaatjie. Kaaitjie verslaan maar sterk vrou wat sy is, het die uitkoms met ‘n swaar hart aanvaar.

Twee maande later het die eens troebel waters ‘n nuwe loop gevind. Kaatjie, wat haar wonde sorgvuldig versorg het, het troos gevind in die geselskap van KleinKlaas Beesvel. Trooi, nadat sy die storm oorleef het, het rustig die romanse met Tapoe geniet.

In ‘n verrassende wending, het Kaatjie en Trooi besluit om hul verskille te begrawe en hul vriendskap te vernuwe. Die gemeenskap, getuies van die die liefdesdriehoek, het ‘n gesamentlike sug van verligting geslaak. Die verhaal van die liefdesdriehoek het ‘n les geword in vergifnis, aanvaarding, en die volhardende bande wat die Khoi-mense deur die eeue heen saamgebind het….

Môre DOEKGOED