Obe se humor: TAMATIE

Home » blog » Obe se humor: TAMATIE

COLVILLE SE HIEPE (1)

Van die moelikste tye om Liggaamlike Opvoeding te kry is tydens die laaste periodes van die skooldag (1976 Std 7). Die NoordKaap se son staan daai tyd stil en fokus die brandpunt mos direk op die LO kinders. Ek het op ’n Dinsdag, die laaste twee periodes LO gehad by Mr Vic Mathane, Pescod se folteraar. Na LO moes ons nog hardloop om die bus te vang na Homestead. Ons bus as ek reg kan onthou was die alombekende 109 en een van die kondukteurs wat ons almal geken het was Tamatie. Hy het al die busse in ons lyn gedoen. Sy gesig het presies dieselfde kleur as ‘n ryp tamatie gehad. Nou ja een Dinsdag klim ek in die bus toe skreeu ’n outjie ‘Haal uit julle Tickets hie kom tamatie’ en almal lag en wys hulle tickets vir my soos ek die bus gang afloop. My gesig het blykbaar soos Tamatie s’n gelyk na LO. Daarna het dit elke dag gebeur. Ek het toe besluit om huis toe te stap – tog net bykans 2,5km  – want ek word toe al,  deur party kinders by die skool ook genoem Tamatie. Die positiewe daarvan was dat rou Tamatie nou nog my gunsteling is, die negatiewe was om daai Hieppe pad aan te durf in die Noord Kaap middag son.