GESINSGEWELD

Suid-Afrika het een van die hoogste gevalle van gesinsgeweld ter wêreld. En ongelukkig is huishoudelike geweld die mees algemene en wydverspreide menseregtevergrype in Suid-Afrika. Volgens Stats SA se Demografiese en Gesondheidsopname word na skatting een uit elke vyf Suid-Afrikaanse vroue ouer as 18 getref deur fisieke gesinsgeweld. In ten minste 46% van gevalle mishandel die betrokke mans ook sy eie of die kinders wat saam met die vrou woon.

Die statistieke oor geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika in 2023 (Okt tot Des) is uiters kommerwekkend. In die tydsduur van slegs drie maande is 285 kinders en 1,135 vroue vermoor, terwyl 18,474 vroue en 2,281 kinders gewelddadig aangerand is. Nederland waar ek nou woon het 48 vroue moorde vir die jaar gehad. Hierdie getalle weerspieël ‘n hartseer en gevaarlike werklikheid vir vroue en kinders in Suid-Afrika.
Die moord op vroue in Suid-Afrika is ‘n ernstige probleem. Per dag word gemiddeld 4 vroue vermoor, wat uiters hoog is en daarop dui dat vroue in die land nie veilig is nie. Hierdie syfer is ‘n duidelike aanduiding van die omvang van geslagsgebaseerde geweld en die dringendheid waarmee die saak aangespreek moet word. Ter vergelyking word 0.4 vir elke 100 000 vrou in Nederland vermoor terwyl 9.0 vroue vir ellke 100 000 vroue in Suid Afrika vermoor word. Pole met 1.4 het die hoogste syfer in Europa.

Gewelddadige Aanranding van Vroue Daar is ook ‘n skokkend hoë aantal gewelddadige aanrandings van vroue. Gemiddeld word 66 vroue per dag gewelddadig aangerand. Hierdie geweld kan fisiek, emosioneel, of seksueel wees en het ernstige implikasies vir die slagoffers se geestes- en fisiese gesondheid. Die feit dat kinders ook slagoffers is van hierdie geweld is veral kommerwekkend. Die moord van 285 kinders in drie maande is hartverskeurend en verteenwoordig ‘n ernstige mislukking in die beskerming van die jeug. Die 2,281 gewelddadige aanrandings van kinders binne dieselfde tydperk onderstreep die wrede realiteit waarmee baie kinders in Suid-Afrika te doen het.

Die gevolge van hierdie geweld is verreikend en beïnvloed nie net die slagoffers en hul gesinne nie, maar ook die samelewing as geheel. Dit kan lei tot trauma, post-traumatiese stresversteuring, swak geestesgesondheid, en ‘n verhoogde risiko vir toekomstige geweld.
Môre verskillende tipes geweld