STILLE WEEK 2024 – KOSBARE SALF

Home » blog » STILLE WEEK 2024 – KOSBARE SALF

STILLE WOENSDAG

Albas kruikie

Op hierdie Stille Woensdag dink ons na oor die pragtige gebaar van die vrou wat die kosbare olie oor Jesus se hoof uitgegooi het.. Die verhaal bied ‘n uitstekende les oor die essensie van liefde en toewyding. Direk na Jesus se kragtige woorde of les oor barmhartigheid en spesifiek sorg vir die behoeftiges, deur hongeriges te voed en siekes te genees, illustreer hierdie vrou op ‘n indrukwekkende wyse wat dit beteken om liefde in dade om te sit.

Die reaksie van die dissipels, verontwaardig oor die ‘verspilling’ van die kosbare olie, beklemtoon hoe maklik dit is om die waarde van ‘n daad van liefde te mis wanneer ons ons laat lei deur materiële oorwegings. Maar Jesus verduidelik die belangrikheid van die vrou se daad. Hy verstaan dat dit nie gaan oor die prys van die olie nie, maar oor die opregte liefde en erkenning wat daarmee gepaard gaan.