“KAN MANTJIND SO LEKKER KOOK …”

Home » blog » “KAN MANTJIND SO LEKKER KOOK …”

HUMOR (7) SASOL se stories

Kom ons lag ‘n bietjie

Ek het by SASOL Januarie 1982 begin as Vakleerling Instrument Meganikus. Ek verlang soms terug na die lekker Sondagetes wat Flats 5 – 8 se manne gehad het. Elke flat moet sekere kosse maak, dan dra ons die tafels na een van die flats, dan  eet ons en lag en lag. Daai mankjinners kon darem lekker kosmaak ek onthou egter Henry van Wyk se lamsboudtjies te lekker… en Harold Pieters se poedings.  Eendag toe ons uit die werk kom het Jonathan Cupido aka Tarzan ’n lekker potjie lamskerrie aanmekaargesit vir homself, na ’n halfuur loop die potjie toe so lekker laat die reuk die hele flat vul, aartappeltjies is innie pot en Jonnie laat die pot prut terwyl hy gou gaan sweet afspoel by die Clubhouse met ’n lekker koue. So loop die tyd en ek gaan maak ’n draai by die club om ook sweet af te spoel en toe ek terug na die flat loop sit Jonnie nog en gesels. Toe ek in die flat kom vang ek vir Jakes besig om Jonnie se kos te proe, toe ek sien die man proe nou klein bordtjie na klein bordtjie vol, toe val ek maar ook in … Maar het julle al lekker kerrie geëet? Mens kan mos nie ophou nie. Ek weet Jonnie sou my ge ou het maar ek is toe bang Jakes eet alles op. Naderhand toe lek ons die pot uit met brood laat dit skoon blink binne. Jakes sit die deksel terug sit die plaat af en ons smaail en dink…’kan Mantjind so lekker kook”. Ek loop toe ’n draai om afwesig te wees as Tarzan kom (hy het al derde gekom in ’n Wes Kaapse bodybuilding kompetisie.) en gaan toe uie en knoffel eet by ’n ander Flat om my asem te ontsmet van daai kerrie in case Jonnie naby my hy is. Hy ken sy kerrie…. Toe ek by die flat kom is Jonnie daar, die rook kom uit by sy ore en neusgatte. Toe ek sy oë sien, jy weet die way hy my kyk, toe sien ek, ek is ’n verdagte in daai oë. Hy gryp voor my bors en lig my op ‘Maak oop jou mond en blaas’ bulder hy. Ek blaas, hy los my en vra wat ruik jy so na knoffel. “Ek het Knoffel pilonie brood by flat 5 geëet Jonnie”, is my bewerage antwoord.  Hy loop toe flat na flat en ruik asems en ek loop saam om darem vir Jonnie morele ondersteuning te gee…