AANKONDIGING: NUWE BLOGREEKS OOR VERGEWING
VERGEWIING OORDENKING REEKS
Welkom by my nuwe blogreeks oor vergewing! Hierdie reeks is toegewy aan ‘n onderwerp wat ek glo vir baie mense relevant en belangrik is. Dit is ’n onderwerp wat vir my na aan die hart omdat ek ’n ontsettende behoefte het om vergewe te word. Ek het altyd almal baie vinnig vergewe maar ek weet nie of my oordeelsfoute vergewe is nie. Ek hoop dat hierdie reeks insigte jou sal help op jou reis na genesing en vrede.

Samevatting van Die Blogreeks:
Almal van ons is al deur iemand seergemaak: ons is almal al onregverdig behandel, ons het almal pynlike woorde gehoor, ons harte is al gebreek en ons vertroue is al geskaad. Dit is normaal om pyn te voel as gevolg hiervan. Soms bly die pyn egter te lank rondhang. Wanneer pyn te lank rondhang, kan dit verander in ‘n wrok, woede of iets wat ons vir jare lank hartseer kan maak. Wat beteken vergewe? Ons het ook soms uitgedeel, daarom het ons ’n behoefte om vergewe te word, nie waar nie?
Wat Beteken Vergewe? Wat is die definisie van VERGEWE?
Jy is waarskynlik bekend met die gesegde: vergewe is vergeet. Maar by vergewing gaan dit nie daaroor om die verlede te vergeet nie. Inteendeel, dit gaan oor die aanvaarding van wat in die verlede gebeur het en om voort te gaan met jou lewe ten spyte van die gebeure uit die verlede.
Vergewe is die bewuste proses waar iemand kies om die negatiewe gevoelens en emosies wat voortspruit uit ‘n onreg, belediging, of pynlike gebeurtenis, los te laat. Dit beteken dat jy kies om nie langer ‘n wrok te koester teenoor die een wat jou seergemaak het nie, en jy probeer begrip kry vir hul dade of die situasie. Dit beteken nie dat jy die gebeurtenis vergeet, goedkeur of die skuld minimaliseer nie, maar eerder dat jy besluit om die emosionele las van die gebeurtenis te verminder.

VOLG DIE REEKS EN DEEL MET ANDER:
Ek nooi jou uit om hierdie reeks te lees, te reflekteer oor jou eie ervarings en die pad na vergewing, en dit met ander te deel. Vergewing is ‘n pad wat ons almal kan help om ‘n ligter en meer vervullende lewe te lei.
Maak tyd, en kom saam op hierdie reis na genesing en vrede. Deel asseblief jou gedagtes en ervarings in die kommentaar en help om hierdie belangrike boodskap te versprei!