MOEG VAN GANGTERS, DWELMS EN GEWELD

Home » blog » MOEG VAN GANGTERS, DWELMS EN GEWELD

OORDENKING REEKS OOR MOEGHEID

DONDERDAG 27 JUNIE 2024

Ons wêreld is gevul met oorlog en geweld wat ons moeg maak. Die generasie wat apartheid en die gepaardgaande geweld deurgemaak het, voel die moegheid van omgekeerde diskriminasie wat nou in Suid-Afrika heers. Ons beveilig onsself met videokameras en elektriese heinings, maar die gevoel van onveiligheid bly. Ons is moeg van die Bendegeweld, oorlogsnuus, die massamoorde en natuurrampe wat ons daagliks tref. Die wreedheid van diktators en die gewelddadigheid van militêre staatsgrepe laat jongmense sonder hoop. Hierdie voortdurende onrus en vrees maak ons almal uitgeput. Ek ken mense wat nie nuus kyk of koerante lees nie want dit maak hulle net neerslagtig.

Hierdie vers bring hoop te midde van ons moegheid. Ons krag kom van die Here, wat nooit moeg word nie. Hy gee ons die krag om voort te gaan, selfs wanneer ons voel dat ons nie meer kan nie.

GEBED: Here, ons kom na U in ons moegheid van oorlog en geweld. Die laste van hierdie wêreld druk swaar op ons, en ons voel dikwels uitgeput en sonder hoop. Help ons om op U te wag en ons krag in U te vind. Gee ons die moed om voort te gaan en om te werk vir ‘n beter wêreld, ondanks die onreg en geweld rondom ons. Laat ons soos arende opstyg, gedra deur U krag en genade. Dankie dat U ons nooit verlaat nie en dat U ons altyd ondersteun. In Jesus se Naam bid ons dit. AMEN