SASOL – Kinross se hostel lewe
DRIEGANG MAALTYD – VINGERLEK LEKKER

Een Sondag kom een van 5-8 se manne met smaaklike nuus wat ons Jaloers maak. ’n Ander outjie van Darling (flat 3) het ’n drie gang maaltyd gemaak, Vis starter, Geelrys met rosyntjies, Lamsboud, Beesvleis kerrie, Hoenderkerrie en gebakte aartappels en Malvapoeding (alle kleure soet en sout). Toe ek die manne vertel toe sien ek my tjommelaas lus nou op ’n onheilspellende manier daai kos. Ek sê toe ek het ’n plan ons is tog oppad Johburg hoekom vat ons nie daai kos as padkos nie. Niemand lag nie almal dink hoekom het hulle nie daaraan gedink nie. Ek is almal se tjommie, jy weet ek kom met almal klaar, so ek gaan die Kok lok na ’n ander tjommie se flat. Dan rewirs die manne die kar tot naby sy kombuis deur en laai onse padkos. Na so tien minute toet die manne buite en ek weet daai toet is vir my, ‘Jipieee” dink ek ons gaan Piekniek toe!!!!! Ons gaan eet toe daai gange maaltyd lekker in ’n Park in Nigel en ry daarna na Eldorado Park – Club Status open air music show – toe. Daai aand, baie laat, laai ons toe sy potte en panne af (skoon afgespoel) voor die flat se deur. Ek hoop hy was bly vir die skoon skottelgoed. Ons gaan slaap toe met die wete ons het ‘n heerlike dag gehad, kos was puik “Faain Koezien”, Five star Picnic, die musiek was goed….. Kan mantjind so lekker kook….
