QUICK FOODS SE SLAPCHIPS

Home » blog » QUICK FOODS SE SLAPCHIPS

TOKKIE KASKENADES

Obe HUMOR

Een aand kry ek so ‘n ontsettende lus vir QUICK FOODS se slap chips dat ek nie anders kon as om daarheen te stap nie. Niemand wou saamgaan nie, so ek het maar alleen gegaan. Nadat ek my chips en Snoek parcel gekoop het, het ek weer terug begin stap na die hostel. Op pad terug kom twee ouens langs my aangestap. Hulle het lekker gesels en ek het maar by die gesprek ingeval. Ek sê toe ek kom van Griekwastad af en bly by ’n Tokkies Hostel UWK. Ons gesels toe lekker aan.

Skielik, heel onverwags, haal een van die ouens – ek dink sy naam was Jan Bos – ‘n mes uit. Hy vat my horlosie en geld, maar los my Snoek en Chips. Met my geld en horlosie in hul besit, hardloop hulle weg. My lus vir QUICK FOODS se spesialiteit het saam met hulle weggehardloop.

Toe ek by die hostel aankom, vertel ek die manne van my noue ontkoming. Hulle luister heel simpatiek en gee my baie vertroosting. Maar toe breek die volgende oggend aan… Van vroeg af vra almal my heeltyd: “Hoe laat is dit, Obe?” Ek het net ‘n wit velstreep by my pols oor van die horlosie, en so het ek besef, as jy by QUICK FOODS gaan koop, moet jy dalk jou horlosie by die hostel los en ’n groep loop… of dalk ‘n beter smaak in saamloop vriende ontwikkel!