TJOKLITS, BEECHIES EN BILTONG VIR JOU, ALLEEN VIR JOU!!!

Home » blog » TJOKLITS, BEECHIES EN BILTONG VIR JOU, ALLEEN VIR JOU!!!

TOKKIE KASKENADES

Obe HUMOR

Dan was daar ook die een ou wat taxi gevat het Bellville toe om Tjoklits, Beechies en Biltong te koop. Terug by die Hostel gaan hy reguit na Ladies One en gaan lewer die pakkie af. Toe hy terug by Tokkies is, is hy baie vrolik. Vroegaand begin hy te shower so sing, sing… ‘Your eyes, they tell me all the things you mean to say, I feel the same way as you, You are the first girl to count in my life I, I live only for you You alone are all I have in this world, You alone, you, you’re my girl

Hy spuit ’n kwart blikkie’tjie Hugo Boss op hom uit. Hy kondig vrolik aan hy is oppad! Ons het nie gevra waarheen nie, jy kon sien hy gaan nou liefdeshemel toe. Fluit fluit op You se tjoen  loop hy na Ladies One. Hy voel toe al so in charge hy klop nie eens by haar kamerdeur nie, stap net heel kordaat in. Toe kom die groot skok!!!! Op haar bed lê ’n ander Tokkie op sy maag met kniee gebuig bewegende bene in die lug, duidelik hy geniet iets lekkers. Hy is toe met ’n knipmessie besig om daai Biltong te verslind! Nodeloos om te sê dat daai man stil was vir ’n week of twee want soiets bly nie geheim by Tokkies nie. Almal het hom lag lag gegroet…..