EK HET ‘HURT’ VAN DIE MANHATTANS GEREELD GESING

Home » blog » EK HET ‘HURT’ VAN DIE MANHATTANS GEREELD GESING

TOKKIE KASKENADES

Nie alle Tokkies het girlfriends gehad het nie, ek het ook maar gesukkel, of ek was te stout, ek dink ek het in my eerste vier jaar nege keer verlief geraak en nege keer geflop. Ek het vir Hurt van Manhattans uit my kop uitgeken want die meisies het altyd ‘someone new gefound voor ek kon tol…’ Ons floppers was nie baie gekoggel nie ons het darem ten minste getraai, daar was ouens wat lyk my nie eens geweet het hoe om te traai nie.

Een van die enkel ontalentvolle traaiers kondig toe een aand aan, dat hy vanaand op besoek gaan. Toe sing hy luidrugtig ‘stuck on you..’. In die shower hoor ons hom vrolik sing ‘Turn of the lights’ van Teddy terwyl ons dink, kan dit werklik waar wees. Uit die shower speel sy tape in die kamer terwyl hy kliphard saamsing Betty Wright se Tonight is the Night …”I’ll never forget tonight No, I’ll never forget tonight ‘Cause you make me feel good And I love you, baby You make me feel real good And I love you, baby ..’ Toe hy hom spray kon ek nie anders as om my T Shirt uit te trek en agter hom te staan om die spray op te vang want hy spray halwe blikkie ‘tjie Old Spice op hom uit… Ek en Allistaire besluit toe ons gaan seker maak of hy by ’n meisie kuier en by watter meisie. Tokkies het hul meisies se identiteit geheim gehou omdat jou meisie ander Tokkies se doelwit kan word (vuil gewoonte nê?). Ek en Allis volg hom toe skuil skuil agter tokkies se bome. Deur die eetsaal se klein hekkie by Ladies One, maar hy gaan nie na Ladies one of two in nie, ons dink toe hy gaan seker Coleen of Khaya toe. Ek en Allis volg maar en skuil agter geboue. Toe gaan hy in by Basil Feb. Ons volg hom toe tot by die ouens waar hy gaan kuier…. Nou ja ons het toe almal by die Hostel vertel daai man het by kamer vol ouens gaan kuier….