CASSINGA 1 SE MEISIES

Home » blog » CASSINGA 1 SE MEISIES

TOKKIE KASKENADES (5)

Toe ek by tokkies hostel aankom was ek redelik ouer (ek moes tien jaar vroeër begin het) as my klasmaats, maar nie juis meer volwasse nie. Ek het alle fantastiese stories gehoor, soos hoe kamers getokkel was en ’n kar wat in die eetsaal gedra is. Ek verstaan Zack Pienaar was die ongekroonde kampioen tokkelaar. Daar was darem in my tyd, spontane watergevegte onder mekaar en teen Ceci Esau. Ek kon darem self sien hoe daar visgevang word in ’n publieke telefoon met ’n muntstuk as aas, wat oulik was. Tokkies gesels met iemand terwyl hulle visvang … !!! Ongetwyfeld die beste jare van my ongetroude lewe!

Die Dames Studentehuis was reg oorkant tokkies en natuurlik een van die belangrikste kuier plekke vir Tokkelokke. Ons het destyds streng hostel moeders gehad met ‘night curfews’ wat erger was as Covid – 19 s’n. Die dames was so elf uur ge – kwarentyn geen besoekers dan. Onderhandelinge het nie gehelp nie daar was ’n sekuriteit wag by alle deure. Die meisies kon darem by die vensters uitloer. Een van my vriende wou darem – in die oggendure – net sy geliefde se gesig sien en wou haar nie roep nie netnou loer almal uit, kon ook nie teen die venster klop nie – sy was op die tweede vloer – daarom neem hy toe maar ’n kleinklippie om teen haar venster te gooi. Legende het dit dat hy toe die klippie dwarsdeur die ruit gebars het. Tot vandag weet niemand by Ladies wie die Valentine was, maar alle tokkies weet en bewaar daai geheim soos Jakobus 1 vers 19 …. tot vandag toe.