EK EN LAAI VAN DIE BAAI KIES ‘N BRAAI..!!

Home » blog » EK EN LAAI VAN DIE BAAI KIES ‘N BRAAI..!!

TOKKIES KASKENADES (3)

Humor met Obe

Al eet studente soms genoeg is hulle mos maar ook net mense en lus darem soms braaivleis en as die braaivleis ruik jou neus vang raak jy magteloos … Nou ja ek en Laai besluit toe een aand, toe die braai reuk daar vanaf Con square se kant oor Tokkies waai ons moet ’n draai daar gaan maak miskien nooi die mense ons. Die kapenaars het die universiteit as ’n veilige hawe (weg van gangsters) gesien om te braai en ontspan by Con square (dis net die helfte van die naam). Wat ek en Laai toe doen is om ons gawes in te span – dis ons vermoë om te konnek met mense en lekker gesels. Hy kies toe ’n braai met hele klomp mense seker so agt en ek vat twee ouens. Laai konnek toe sonder probleme maar, ek het dit moeilik want dit was twee tjommies wat gewigtige sake wou uitpraat. Ek stel myself voor en ontmoet die manne en sê dis stil in die hostel ek soek ma net geselskap buite die hostel! Een van die twee wys my dis ok die ander een frons. Hulle gaan toe aan met hulle struwelinge, toe dit lyk die vleis brand begin ek dit omdraai, lekker Lams loin en boudtjops, wors en hoender. Toe begin stry hulle oor my teenwoordigheid ek luister en braai maar aan, ek dink sal onbeskof van my wees om in te tjip. Toe die moeilike jong sê hy dink ek moet gaan antwoord my pel ek moet bly kyk net hoe help ek met braai. Sal die man nie vir my vra wat dink ek nie, is dit nie beter vir my om te gaan nie, dis toe dat ek hom antwoord: ‘Meester ek wil tog nie met julle stryery inmeng nie ek sê niks, gee julle borde lat ek skep’. Ek sien Laai is besig om te skep by sy groep en besig om diegene te vermaan wat nie in die lyn staan nie. Toe ons klaar geëet het, het ek die manne bietjie pastorale advies gegee aangaande hulle klein issues, toe gaan ek en Laai terug hostel toe MET BLINK VETTERAGE LIPPE!!!.