DIE KFC EN DIE VREDESMONITOR

Home » blog » DIE KFC EN DIE VREDESMONITOR

UWC: STUGGLE JOKES

Op 27 April 1994 was ons vredesmonitors oral in ons onderskeie stemdistrikke se stemlokale geplaas. Ek het toe tussen die stemlokale gereis. Ek onthou dat ek my vriend, Walter Philander, die geleentheid gegee het om die eerste persoon in Delft te wees wat mag stem. Dit was ’n lekker feestelike dag sonder voorvalle. Nee, daar was een voorval by daai einste Delft. Ek het Kentucky gaan koop en die monitors gaan voed by die verskillende stemlokale. Laaste punt was Delft, ek loop met die Kentucky verby die lang rye kiesers toe iets gesê word wat my ore bloedrooi gemaak het. Een man skree op my: “Hei vetg@t wantoe ga dtjy met daai Kentucky, bring hiesa, ons staan al ure in die lyn, djou VETG@T!!!!