UWC STRUGGLE JOKES
KOMRIT JIEN WES

SASCO moes ook tydens ’n massavergadering verskoning vra vir ’n aanval op Tony Leon, DP Nasionale leier. Die ANC en DP leiers van die Wes Kaap was teenwoordig by die geleentheid. Die IEC vredesmonitors was ook daar as getuies. SASCO se Komrit Che nooi toe vir Komrit Jou Jean Wes om namens Sasco apologie aan Hennie Bester (DP Wes Kaap) oor te dra wat netjies langs Dok Allen Boesak (ANC Wes Kaap) sit. Toe Komrit Wes vorentoe kom besef ons toe dis ons eie Eugene Vasie van die tokkies. Ons waai toe ons vredesvlaggies met trots asof ons wil sê alles is ok dis dierbare Eugene Vaas. Toe Vasie daai maaik vat verander hy toe in iets erger as Oem Khonto se Spies. AMANDLA! Skree Vasie! AWETHU! Antwoord die Massa! na drie Amandlas is die massa op hul voete vir die volgende drie. One President skree Vaas!!..One Mandela skree die massa (x5) toe raak die crowd bloeddorstig. Hennie Bester rol sy oë asof die tang het, en sy bene Parkinsons van spanning. Vasie gaan voort “WE AS A SASCO, JUST WANT TO APOLOGISE TO THE DP…” en hy lê toe uit hoe erg apartheid is, maar hy wil net apologise. Toe kry Hennie Bester toe geleentheid om die apology te ontvang.. ‘I dont know what just happened, but if it was an apology, the DP accept it…’.
