Obe se UWC Struggle jokes
O ja die tema is ’n maand lank? As ons Bellville toe march dan sing en skree die crowd, dit word heerlik getoi toi. Party lig daai kniee taamlik hoog ek het gesien hoe een se knie sy neus tref, laat die bloedloop. One President One Mandela…..AMANDLA!!! Awhetu!!! Dan skree my groepie ‘n MAAND LAAAAANK!!! ‘n WET LOOK!!!!

Tydens die verkiesings veldtog was ek gevra om n vredesmonitor groep van 20 – meesal studente – te lei. Ons gebied was UWK, Bellville Suid, Belhar en Delft. UWK was ons moeilikste gebied ons moes toekyk hoe die DP leier (Tony Leon) verjaag word van kampus. Gelukkig was ons nie vredehandhawers nie net monitors. Na ’n hofsaak is besluit UWK moet alle partye geleentheid gee om veldtog te voer. Nou ja van die leiers het gekom en SASCO se lede en ander studente het die rugby pawiljoen volgesit. Vredes monitors is oral, ek is langs die verhoog op die rugby veld toe Kenneth Meshoe van die ACDP praat. Nou ja die selfone het toe net in Suid Afrika aangekom en was nog ‘n baie skaars artikel, die leier van die Vredes monitors het darem een gekry by die IEC. Terwyl Meshoe praat lui my selfoon, ek antwoord en kry luide, staande applous van my mede hostel studente. Meshoe dink dis vir hom en soos ’n goeie Pastoor gaan sy stem daar en dan tien desibels op..
