PRAAT ENGELS ONS VERSTAAN NIE AFRIKAANS NIE

Home » blog » PRAAT ENGELS ONS VERSTAAN NIE AFRIKAANS NIE

STRUGGLE JOKES – UWC MASSA VERGADERINGS

POLITIEKE HUMOR (2)

Op ‘n stadium toe die verkiesing naby was het baie nie swart studente tereg gedink dat al die boikottery nie meer nodig was nie. Ons was baie keer tydens boikots met swepe en water uit die klasse gedwing. Tydens ’n vergadering waar besluit moet word of daar nog geboikot moet word staan Dawid van Huffel op en begin praat in Afrikaans net om dood geboo en stil geskree (English!!! English!!!) te word, omdat die vermoede bestaan dat hy die boikot sal afkeer. Die Komrit Che versoek toe die menigte om die comrade ’n demokratiese kans te gee, hy sal vertaal as hy klaar is. Dawid lewer toe op sy rustige omvangryke styl ’n pleidooi dat die boikot nie moet ophou nie dat ons moet voortgaan, oorwinning is in sig. Die skare juig toe oorverdowend en Dawie staan daar met so kenmerkende lekkerkry smaail. Die Komrit Che sê toe dat dit duidelik is almal het daai Arikaans verstaan hy hoef nie te vertaal nie!