TEOLOGIE HOSTEL KASKENADES (2)
TOKKIES@BUSH

Die hostel was reg langs die fakulteit so ons is etenstye en tussen klasse daar op die allergewilde stoepbank. Wat lekker was is dat die studente wat buite gebly het dan ook veel informele interaksie gehad het met die Hostelaaits. Eendag staan so ’n groepie van so agt by die hostel se onder die boom tafel toe ’n ander baie ouerige voorbeeldige ongetroude teologie student aansluit, ek vra hom toe of hy ’n virgin is. ‘Vra jy vir my Obe’. Ek sê toe ja ouboet vir jou, hy sê toe dis privaat die ander manne help my toe deur op te druk. Later raak hy half kwaad ‘jong as julle wil weet ek is nie meer vandag se kind nie natuurlik is ek nie meer ’n Virgin nie’. Ek sê toe ooo ok ek is ook nie ’n Virgin nie, ek is Capricorn!!!!!