COLVILLE SE HIEPPE (4)
Obe se humor

Op een Vrydag namiddag stap ons CJV jeuggroep (seker 15 van die lede) oor die Hiepe huis toe, nadat ons lekker ge-CJV het. Ons besluit ons stap oor die Hiepe, deur een van Colville se strate om ’n Colville jeugmaat by die huis af te sien. Lekker laggend gesels gesels, stap ons deur die straat sonder enige vrees. Ek sien toe my skoenveters is los buk toe om vas te maak. My jeug maats loop toe aan toe ek die ander skoen se veter stywer vasmaak….. Toe tref die eerste klippie my teen die rug. Ek kyk om en sien tussen die klippies deur drie laaities van so 5 – 7 jaar wat my bombaardeer met die klippe. Ek skree ‘Hei hou op SANNIES’. Toe hoor ek hier uit een van die erwe ’n ‘ónder die boom sitter man’ wat dreigend skree. ‘Boeda los die laaities lat hulle jou gooi of wil jy gem#$r word’. Ek trek da weg met die drie outjies agter my met die klippe. Die straat se stoepsitter mense, lag hie ste ries siek en moedig die laaities aan om my te gooi..’Gooi hom Gooi Hom’. Dit sou nie so erg gewees het, as die Jeug meisies my nie so uitgelag het nie…!!