TOE KLAP HY VIR RUDI JORDACHE

Home » blog » TOE KLAP HY VIR RUDI JORDACHE

Obe se Humor ( Waaghalse loop CJV )

Colville se Hieppe (3)

Daai hiepe looppad was ook die weg na die kerk. Ons het op Vrydag middae daai pad geloop kerk toe vir Junior Jeug (Nico was ons voorsitter). Harry Dames het die Homestead meisies vervoer met hulle mini Austin. Nou ja een Vrydag middag kom ons bietjie vroeg by die kerk aan en ons hang toe nog op die bruggie oorkant die kerk. Toe kom die Rainbow Rush gangsters daar aan die gevreesde RR’s (ek kan dit nie eers uitspreek met my breiery). Hulle was uit die staanspoor heel agressief, messe wat glim, met vloekwoorde wat ons juis in die jeug veroordeel. Ons almal wil amper huil, behalwe Sammy en Skat Haai hulle staan daar met bree glimlagte, Skat, Sam se broer lyk eintlik asof hy gekielie word toe die een Gangster sy nek streel met ’n mes,  Sammy smaail sonder enige sigbare stress. Nico sit op die brug reelings, Ivor is kwaad maar gelukkig stil. Toe kom die jongste gang ster tjie na my, toe ek omdraai sien hy die foto op my rug, dit was my grootste fout. Sien ek het vir Rudy Jordache op my T Shirt afgestryk. Ek was nie ’n Falconetti persoon nie. Ek het beslis nie geweet die mannetjie hou nie van Rudi nie. Hy gee vir Rudi ’n plat hand klap deur sy gesig lat my rugpyn, ’n erge pyn asof ek al Rudi Jordache se leed op my gevat het. Rudi maak of hy niks gevoel het nie…. Toe kom ’n groot man wat lyk asof hy ’n motorbaaik by die huis het en die leier van die pak wolwe is na Nico toe ‘Van wa is jy sonny. Nico: ‘Van Homestead Otto str 9’ antwoord Nico.  RR Wolf:  ‘Ek laaiks reeds nie die Homestead @#$%^ nie’. Nico spring van die railing af ‘Ek is eintlik van Finch Mine, Lime Acres Fincham straat 3 ek loseer net in Homestead vir die skool..’. Toe hulle loop was ons verlig maar hulle stop toe en gooi ons met daai wit los haelgeweer klippe wat so in stukke spat as hulle die bruggie se trappie tref. Dit het gekos dak en Daaif daai dag. Die jeug se tema het daai aand verander na worship en dankgebede.