Hei BOEDA TJEE DA LOLLIE ….!!!

Home » blog » Hei BOEDA TJEE DA LOLLIE ….!!!

COLVILLE SE HIEPE (2)

OBE HUMOR

Ek en Sam Haai en Nico Koopman durf toe elke oggend en aand daai Hiepe pad (Hiepe was gesufte ligblou diamant myn grond) te voet aan van die skool af verby die VGK Florianville oor die sloot bruggie, verby die bads (swembad) wag laat ek eers vertel van die bads. Mr Karrim was daar in charge en Ms Herman het die winkeltjie gehad, elke dag net voor die skole uitgaan kry sy varsbrood, betyds vir ons verbyloop. Dan koop ons en twee of drie kwarte met botter as aptypwekkertjie vir ons middagete. As ons genoeg geld het ook een plastiek sakkie’tjie Mango Packo Atchar, my gunsteling bunnychow bestandeel. Dan loop ons verby die Floorskoshuis in die rigting van die Hiepe. Oor die Hiepe was ’n gebedsaak want dit was Colville gangsters se uithangplek. Na die Hiepe loop ons oor Barkley Road deur die bos waar Shoprite vandag staan tot in Otto str. Nou ja eendag op daai pad – as ek reg onthou toe ons verby Floors hostel en net die hieppe begin klim- haal my neef Nico Koopman ’n lollie uit sy sak en ek en Sam kyk al vir ’n klip om die lollie breek te kap solat ons kan deel – heeltemal logies. Toe verduidelik Nico dat hy dit nie kan doen nie want die lollie sal kwansuis sy funksie verloor .. ’n lollie moet met stokkie gesuig word aldus Nico. Ons loop toe stil Nico met die lollie in sy mond en ek en Sammy droëmond so nou en dan kry ’n ek darem daai lekker aarbei reuk van die lollie. Sam seker ook want Nico loop in die middel. Toe sien ons daar onder ’n boom sit die ouens, dit lyk of hulle ’n houtvuur maak soos die Gangarook wolke maak. Ons dink toe aan oorlewing omdraai en terughol of vinnig verby hol of kalm bly en rustig en stil verby loop. Ons kies die stil verby loop opsie. Toe ons net verby is skree een van die ouens ‘Hei Boeda tjee da ’n lollie!!!! Nico se liggaam trek stokstyf en hy loop vinniger. Sammy breek hom soos hy lag. Nico vra toe baie desperaat ‘Sammy Obe kyk of hulle aankom hulle sal niks maak as julle omkyk. Nico het eers 20 meter verder asem gehaal…..