OBE HUMOR

’n Ouma is met haar kleinseun oppie Strand, sy lê onder haar Strand sambreel en lees Die KUIER. Die keintjie speel lekker in die sand. Toe hy begin sand eet vermaan ouma “Diploma nee kom vat hier ’n biskit jy moenie sand eet nie. Die Glenhaven antie langs hulle haal haar bril af om te kyk of sy reg gehoor het. Toe hol die Tjind water se kant toe en ouma skree “Diploma nee kom terug”. Toe kan die antie langsaan nie meer hou nie en vra toe “Sorry is die kind se naam Diploma”? Die antie sê: “ja dit is sy naam ek het haar ma Kollege toe gestuur toe kom sy met die diploma in die maag trug!“