KLEINVLEI TREFFERS (1)
OBE HUMOR

Ek het die gewoonte gehad om voor die erediens ’n paar los kaarte te skiet net om die kerkgangers bietjie te ontstress. Ek het van kleins af gewonner hoekom kerk so ernstig is, amper soos ’n hof as jy uit jou beurt uit lag of smile op die verkeerde plek word jy sommer op die plek vir minagting van die kerk getug. As Straf moet jy seker die aanddiens bywoon en Woensdagaand se biduur…. So ek vertel ’n joke ons lag, al het jy gister begrafnis gehad ons breek die spanning en ons ontvang troos, bemoediging, lewenslesse met ’n smaail op die gesig. Partykeer het die jokes opgeraak of as my suiker hoog was kon ek nie aan jokes dink nie, dan sê ek vir die gemeente ‘ek het niks vandag nie’ dan skree ant Anna Lot uit die ouderling banke “vertel weer van Olifant en leeu”. So Ant Anna ek hoop jy’s op Facebook in die hemel die eerste een is opgedra aan jou..
Ou leeu voel dat die diere in sy koninkryk hom minag of Dalala soos ons Noord Kapers sê en dit maak hom ongemaklik so erg dat hy sonder lat hy brandewyn gedrink het, loop en dreun brul, lat die aarde bewe! So kry die ou vir Appie en vra hom brullend ‘Appie wie is die koning van die Woud?’. Appie skrik so groot hy pis sommer sy boude nat, bewerig antwoord hy “Dis jy koning Koning Leeu”. Hy kry vi Hie Hie na en vra hom ook op ’n morsage manier ‘Hiëna wie is die koning van die Woud?’ Hy antwoord “It is you king Lion” – selde Hie Hie na van daai Lion King movie daarom die engels. Toe Leeu vir Olifant sien brul hy asof hy ’n Psigopatiese aanval kry ‘OLIFANT WIE IS DIE KONING VAN DIE OERWOUD!!!!?’ ou Olifant se ore Flap Flap en hy lig sy slurp op sodat leeu kan sien hy steek tong uit. Toe rol hy sy slurp om Leeu se middel en hy slat vir Leeu teen die grond seker so vyf keer lat die stof draai. Appie lag hies Tee Ries. Olifant gooi vir Leeu teen die grond lat hy bamp. Ou leeu staan stadig op en skud die stof van sy lyf af, hy kyk na Olifant en wys hom met sy linkervoorpoot se wystoon: “Olifant jy hoef nie so aan te gaan as jy nie die antwoord kennie”!