Obe – DIE ADHD BOELIE …

Home » blog » Obe – DIE ADHD BOELIE …

Aai Die Engels – Humor

Nou ja ek moet erken ek was soms ook ’n onderwys boelie, ek was nie onbeskof nie maar kon hulle soms tot trane dryf. Die eendag (Std 8 1977 Pescod) kry ons engels en met my ongediagnoseerde ADHD (Griekwas kon weens Apartheid nog nie die siekte hê nie eers na 1994) skel die rerage engelse Juffrou my toe in gevaarlike engels uit, Ek verstaan toe darem alles wat sy sê. You are disgusting, revolting,filthy, ghastly, al daai hoër graad woorde en nog meer, word my toegesnou. Ek sit daar met ’n brëe glimlag. Toe sy klaar is steek ek my hand eerbiedig op en vra aangesien my engels nog nie so goed is of sy nie net alles in Afrikaans wil herhaal, sodat ek my ma kan vertel van al die mooi dinge wat sy van my dink… Ek het nogal sleg gevoel toe sy huil!