HUMOR (4) 103/300 is BETER DAN 101/300

Engels was maar ’n stryd op Hoërskool. As jy Std 6 geslaag het moet jy na Kimberley Hoërskool toe want Hoërskool Griekwastad was net vir Blanke mense. Ek dink ek het nie gekwalifiseer weens my neus en krulhare. In Kimberley besef ons na die eerste engelse les met verskriklike koppyn Engels word in Engels gegee. Ek onthou ek het daai jaar Engels geslaag met 103 uit 300. My neef Nico Koopman skel my toe vir die swakpunt. My antwoord was “Ek het darem vir Reggie Smith gewen hy het 101. “Ek weet nie wie se engels was die swakste nie die Griekwastad, Douglas, Warrenton of die Posmasburg manne s’n”? As die Juffrou se ‘class it’s time for Oral’ dan is die Posmasburg manne skielik bollewange kwaad. As die Juffrou by hulle kom sit hulle een hand op die kop met duim en wysvinger wat ’n nul maak. Dit beteken gee my maar nul maar vandag maak ek my mond nie oop nie.
