OORDENKINGE – KONFLIKREEKS
DINSDAG 2 JULIE 2024
PSALM 133 : “Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers (MENSE) saamwoon!”

Dis ‘n seëning as families eensgesind saamwoon, in die werklike lewe is dit egter nie altyd eenvoudig om die regte keuses te maak oor hoe om konflik te hanteer nie. ‘n Algemene riglyn is dat as die konflik groter as persoonlik is en die familie direk raak, dit raadsaam is om dit met almal te bespreek. Openheid in sulke gevalle kan voorkom dat verkeerde stories versprei, wat die situasie net erger kan maak. Om ‘n konflik oop te bespreek, kan dikwels louterend en genesend wees.
Daar is egter dikwels ‘n huiwering om konflik openbaar te maak omdat mense bang is vir verkeerde interpretasies en kwaadaardige stories of omdat hulle nie “vuil wasgoed in die straat ophang” nie Maar om konflik met mekaar in die familie te bespreek, werk gewoonlik meer helend. Dit help om misverstande uit die weg te ruim en die verhouding te herstel. Aan die ander kant is daar konflik wat binne ‘n vertroulike en intieme sfeer behoort te bly omdat dit ‘n sterk persoonlike karakter het. Hierdie tipe konflik is baie spesifiek aan die betrokke persone en behoort dus in ‘n private omgewing hanteer te word.
Jesus se ideaal van eensgesindheid is een wat voortdurend groei, te midde van konflik en verskille wat nie ontken word nie. Hierdie eensgesindheid is nooit perfek nie, maar dit is iets wat ons telkens weer moet verower en herverower. Selfs te midde van onenigheid bly die diepste strewe altyd vergifnis, versoening, vertroue en bevestiging. Waar hierdie elemente teenwoordig is, is die Here in ons midde.
ADVIES
As jy konflik het, oorweeg die omvang en aard daarvan. Indien dit jou gesin direk raak, wees oop en bespreek dit met jou maat om verkeerde verhale te voorkom. As die konflik persoonlik en privaat is, hanteer dit in ‘n vertroulike sfeer om verdere skade te voorkom. Streef altyd na ‘n groeiende eensgesindheid deur vergifnis en versoening te soek, al is die pad moeilik en vol uitdagings.

GEBED: Liewe GOD, Ons kom na U met ons konflikte en onenighede. Gee ons die wysheid om te onderskei tussen konflik wat openbaar en privaat hanteer moet word. Help ons om openhartig en regverdig te wees in ons hantering van konflikte, sodat ons verhoudings suiwer en genesend kan wees. Mag ons altyd streef na vergifnis, versoening, vertroue en eensgesindheid, wetende dat U teenwoordig is waar ons hier