HAAR MOEDER SMEER HAAR !NJAAS

Home » blog » HAAR MOEDER SMEER HAAR !NJAAS

TROOI HET DIT MOEILIK OM !TJOEMIE TE WORD

KHOI GRIEKWA KORTVERHALE

Die begeerte vir kinders het van die huwelik ’n prioriteit geword, gedeelde droom wat hulle in doel verenig het. Die ouer vroue in die gemeenskap, met die oorge-erfde Khoi wysheid, het hulle aangeraai om nie angstig te wees nie. “’n Kind sal kom wanneer dit gereed is, nie ‘n oomblik vroeër nie,” het hulle gesê. So was die ondersteuning van die ou mense onder die Khoi.

Tapoe se moeder, ’n vlei van liefde en af en toe frustrende skoonma, het haar skoondogter met ‘n skerp oog dopgehou. Twee jaar het verbygegaan, gekenmerk deur ongeduld want waar bly die  drome tos o ver weg. Trooi, nie in staat om haar bekommernisse langer te hou nie, het haar eie moeder gevra om uit Boegoeberg te kom. Sy kon dan die vrae vra wat sy nie gedurf het om Tapoe se familie te vra. Sy het na antwoorde gesoek op die vrae wat stilweg haar hart gepla het.

In die intieme ruimte tussen moeder en dogter, het Trooi haar gevoelens uitgestort. Haar moeder luister simpatiek en geduldig na Trooi, haar ongeduld en vrees kom duidelik deur. Sy smeer daarna Trooi se !njaas (Vroue dele) met Steenbok netvet (skaars produk) geduldig en doelgerig. Drie weke na haar moeder by hulle aan huis gekom het vra Trooi dat hulle ’n entjie in die veld loop, sy wou iets vra ….

‘Ma’  begin Trooi “Vanoggend toe ek oggend wakker word, merk ek dat iets nie normaal is met my, ek voel so anderster. Ek het my ongesteldheid (haar menstruasie) gemis, en hoewel dit op sigself nie ’n duidelike teken was nie, het ek ook ‘n ligte naarheid gevoel wat my aan die dink gesit het.” Haar ma luister geduldig. ‘ek onthou hoe my vriendin eens vertel het van oggendnaarheid tydens haar swangerskap. Toe ek regmaak vir die dag, voel ek my borste seer en geswel, iets wat nog nooit tevore ervaar het nie. Ek het ‘n skielike steek buikpyn gekry, asof daar iets in met my buik gebeur. Haar ma het niks gesê nie, net besorg na haar gekyk. Sy het sonder om vir Trooi te antwoord gesê hulle moet huis toe loop. By die huis het sy vir Trooi na haar slaapkamer geneem en ’n tjalie om haar buik vasgemaak. Toe gaan sy uit ….

‘n Subtiele glimlag het haar moeder se gesig beklee, en met ‘n amper ritmiese spontaniteit het sy begin Rieldans laat die stof staan – ‘n dans wat van vreugde en viering gespreek het. Die Griekwa vrouens het sommer geweet wat die uit die bloute Rieldans beteken, en saam gedans. Toe Tapoe die nuus hoor, het hy ‘n oplewing van geluk gevoel wat die jare van wag verduister het……